Nuus 17:00
BULLETIN 16 Mei 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa verseker vergoeding vir slagoffers van die gebou-ineenstorting in George
# Die Basiese Onderwysdepartement verwelkom die deurvoer van die BELA-wysigingswetsontwerp
# En, rugby: Ma’Nonu sê Suid-Afrikaanse spanne het die boerpot gewen deur te skuif na Europese kompetisies
# President Cyril Ramaphosa het die families van slagoffers van die instorting van ‘n gebou in George die versekering gegee hulle sal vergoed word. Die sterftesyfer staan op 33, met 19 werkers wat nog vermis word. Ramaphosa het die toneel besoek en hartseer en dankbaarheid uitgespreek teenoor die vrywilligers en reddingswerkers. Hy bevestig die regering se toewyding aan behoorlike vergoedingsprosedures:
# Die Departement van Basiese Onderwys verwelkom die Nasionale Vergadering se goedkeuring van die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette. Dis deurgevoer met 223 stemme ten gunste daarvan en 78 daarteen. Minister Angie Motshekga loof dit as ‘n waterskeidingsoomblik. Sy sê die wysigingswetsontwerp gee aandag aan kritieke uitdagings en harmoniseer skooltaalbeleid met provinsiale riglyne, terwyl dit die grondwetlike reg tot onderwys behou:
# Die Inligtingsreguleerder versoek politieke partye en onafhanklike kandidate om kiesersinligting te beskerm en ‘n regverdige verkiesing te verseker. Die doel is om bedrieglike oproepe deur politieke partye voor die verkiesing hok te slaan. Kiesersdata moet regstreeks van kiesers ingesamel word, uitsluitlik vir veldtogdoeleindes gebruik word en nie sonder toestemming gedeel word nie. Die woordvoerder, Nomzamo Zondi, vra kragtige maatreëls om persoonlike inligting te beskerm en akkurate inligtingsvloei tydens die verkiesingsproses te bevorder:
# Rugby: Die legendariese All Black-senter Ma’Nonu glo Suid-Afrika se vertrek uit Superrugby het nie net die land bevoordeel nie, maar ook die kompetisie benadeel ten opsigte van gehalte en opwinding. Die suidelike halfrond se voorste klubtoernooi is beskou as ‘n leier, maar word nou finansieel oorskadu deur Europese kompetisies. Nonu glo Frankryk se Top 14, die Verenigde Rugbykampioenskap en die Premierskap is nou voor Super Rugby Pacific, en sê Suid-Afrika het die boerpot gewen in Europa omdat sy spanne aanhou verbeter.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-23-sent teen die dollar, 19-rand-80-sent teen die euro en 23-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-981-dollar-47-sent. Die prys van goud is twee-duisend-376-dollar-72-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-33-sent per vat.
# En ten slotte, uiterste hitte en rampe wat deur klimaatsverandering veroorsaak word, beïnvloed sleutel neurologiese siektes en geestesgesondheidsversteurings. Dit is die gevolgtrekking van ‘n studie deur die Universiteitskollege van Londen. Navorsers het bevind omgewingsfaktore raak nie slegs die voorkoms van siektes nie, maar verhoog die gevaar van verwante risiko’s soos hospitaal-opnames, ongeskiktheid en selfs die dood. Die navorsers het 19 verskillende senustelsel-toestande ondersoek. Professor Sanjay Sisodiya sê daar is duidelike bewyse dat die klimaat ‘n invloed het op sommige breinsiektetoestande, veral beroertes en besmetting van die senustelsel.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….