Nuus 12:00
BULLETIN 16 Mei 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die polisie maak ‘n deurbraak na die moord op ‘n vyfjarige seuntjie van Soshanguve
# Ses verdagtes is in KwaZulu-Natal doodgeskiet
# En, gholf: Tiger Woods kry tyd om te besluit of hy Amerika se Ryderbeker-kaptein wil wees
# Die polisie in Gauteng het twee verdagtes aangekeer in verband met verlede week se moord op die vyfjarige Ditebogo Phalane Junior in Soshanguve, noord van Pretoria. Die seuntjie is deur kapers doodgeskiet wat sy pa se bakkie wou steel. Ditebogo se gedenkdiens is gister in die Vrye Gereformeerde Kerk gehou en hy word môre begrawe. Gauteng se polisiekommissaris, Tommy Mthombeni, sê hulle verwag om nog mense in hegtenis te neem:
# Ses vermeende transitorowers is vroeg vanoggend doodgeskiet in twee afsonderlike voorvalle in KwaZulu-Natal. Vier vierdagtes is noodlottig gewond in ‘n skietery met die polisie in Camperdown naby Pietermaritzburg. Die ander twee is in Klaarwater doodgeskiet. ‘n Polisiewoordvoerder, Jay Naicker, sê drie vuurwapens is opgespoor op die toneel in Camperdown:
# Die George-munisipaliteit in die Wes-Kaap sê die oorweldigende hulp wat met voedselskenkings ontvang is na verlede week se gebou-ineenstorting is ongelooflik. Die dodetal na die ineenstorting is nou 33, met 19 werkers wat nog nie opgespoor is nie. Die munisipaliteit se woordvoerder, Ntobeko Mangqwengqwe, sê verskeie organisasies, insluitend Gift of the Givers, die Lions, Food Socks en die plaaslike Ghanese gemeenskapsvereniging het kospakkies en ander items verskaf aan die families wat geraak is en die reddingswerkers:
# Gholf: Die hoof van die Amerikaanse PGA, Seth Waugh, sê Tiger Woods sal genoeg tyd kry om te besluit of hy Amerika se kaptein wil wees in volgende jaar se Ryderbeker-kompetisie in New York. Die 15-malige Major-wenner sê sy aandeel om ‘n ooreenkoms te onderhandel tussen die PGA Toer en Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds kan hom moontlik uitskakel. Europa het Amerika verlede jaar in Rome behoorlik verpletter. Waugh sê Woods doen niks waartoe hy nie ten volle verbind is nie.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-22-sent teen die dollar, 19-rand-81-sent teen die euro en 23-rand-10-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-339-dollar-78-sent. Die prys van goud is twee-duisend-388-dollar-12-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-1-sent per vat.
# En ten slotte, Disney se musiek-blyspel, Magic Box, word later vanjaar in Suid-Afrika opgevoer. Dit kombineer poppespel, uitspattige kostuums, video-uitbeeldings en ‘n vernuwende verhoogopstelling. Die produksie met ‘n rolverdeling wat uitsluitlik uit Suid-Afrikaners bestaan, gaan uittreksels uit meer as 75 liedjies uit Disney-rolprente uitvoer. Dit open op 9 Oktober in die Kunstekaap-teater voor dit op 22 November na die Montecasino Teatro in Johannesburg verskuif. Kaartjieverkope open Woensdag.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….