Nuus 12:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 14 Mei 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Bouraad vra gelykwaardige wette in die privaat en die openbare sektor
# Saftu is bekommerd oor die reuse-onderbemanning van die polisie se nood-oproepsentrums
# En, krieket: Stuart Broad sê James Anderson se afwesigheid sal Engeland se boulaanval ontbloot
# Die Suid-Afrikaanse Raad vir die Projek- en Boubestuursberoepe vra gelykwaardige bou-wette dwarsoor die sektor. Dit volg nadat ‘n gebou in aanbou in George ingetuimel het. Twee-en-dertig mense is dood en meer as 20 word vermis, Die president van die raad, Lufuno Ratsiku, wys op ‘n verskil in bouwette tussen die openbare en privaat sektore. Hy vra eenvormige wette vir die privaat en openbare sektor en benadruk die behoefte aan wetgewende verandering om regulatoriese gelykvormigheid te verseker.
Die George-munisipaliteit sê intusssen hy het streng bevestigings-prosesse ingestel vir die familielede van die oorledenes of vermistes van die ramp. Die munisipaliteit se woordvoerder, Chantel Edwards-Klose, sê hulle het nou genoeg professionele psigo-maatskaplike ondersteuners wat vlot is in Chewa, Portugees en Shona om oorlewendes en hul families te ondersteun:
# Die vakbondfederasie Saftu het kommer uitgespreek oor die groot aantal vakante poste by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se 10111-oproepsentrums. Die minister van Polisie, Bheki Cele, het op ‘n vraag in die Parlement geantwoord slegs 41,31-persent van hierdie poste is gevul. Saftu se woordvoerder, Trevor Shaku, sê die tekort aan personeel en vele stelselfoute het sedert 2018 veroorsaak dat 26,2-persent van oproepe na elf sentrums onbeantwoord gelaat is:
# Krieket: Die uitgetreede bouler van Engeland, Stuart Broad, sê daar is ʼn dringende behoefte aan ʼn nuwe geslag boulers wat betyds hul plek kan vind voor die volgende reeks om die As in 2025 en ’26. Engeland se voorste paaltjienemer van alle tye, James Anderson, tree in Julie af ná die eerste toets teen die Wes-Indiese Eilande op Lord’s. Broad sê met Anderson se aftrede sal die span se boulaanval in die kort termyn moontlik daaronder ly, veral teen die Windies wat Australië onlangs verslaan het.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-46-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-850-dollar-33-sent. Die prys van goud is twee-duisend-338-dollar-29-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-14-sent per vat.
# En ten slotte: Die komediant en gewese geselsprogram-aanbieder, Ellen DeGeneres, keer later vanjaar terug na Netflix vir haar laaste skerpskets-vertoning – ses jaar ná haar laaste komedie, Relatable. Die spesiale vertoning is haar eerste sedert die einde van haar gewilde geselsprogram wat 19 seisoene lank uitgesaai is. Netflix se visepresident van die skerpskets- en komedieformaat, Robbie Praw, sê DeGeneres is enig in haar soort, en beskryf haar as ʼn legende en baanbreker. Sy skop ook op 19 Junie ʼn komedietoer af in San Diego, waarna sy in talle stede sal optree.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….