Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 13 Mei 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Skryf oudpresident Thabo Mbeki sê die ANC het nie antwoorde vir al die land se probleme nie. Hy het herhaal dat daar ‘n behoefte is aan ‘n Nasionale Dialoog ná die verkiesing op 29 Mei. Hy sê die mense moet deelneem aan ‘n proses om die toekoms van die land te bepaal.
GAUTENG:
# Beeld:
Lei met die nuus dat 11 verdagtes in hegtenis geneem is in verband met die plasing van lokvalle in die vorm van klippe of skerpgemaakte penne op deurpaaie in Gauteng. Daar was egter intussen nog voorvalle waarin ‘n ambulans onder meer betrokke was.
En tweedens word berig oor die jaarlikse Bulletjie-rugbydag op Loftus.
# The Star en Pretoria News:
Skryf oor die vyfjarige Ditebogo Junior Phalane wat deur ‘n kaper in Soshanguve doodgeskiet is.
En berig die ANC en EFF is in ‘n woordewisseling oor verkiesingsplakkate.
# Sowetan:
Berig die Gautengse Departement van Onderwys gaan ‘n spesiale span na die Glen Vista High School stuur om ondersoek in te stel na die geweld wat onder studente uitgebreek het. Ouers en onderwysers is aangeval toe hulle die gevegte probeer keer het.
# En The Citizen:
Skryf oor Internasionale Verplegingsdag wat gister herdenk is. Die koerant bet besoek afgelê by die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Berig familielede van die slagoffers van die George-gebouramp het die minister ban Polisie, Bheki Cele oorval met vrae tydens sy besoek aan die toneel gister. Hulle wil weet hoekom dit so lank vat om hul naasbestaandes uit te ken.
Tweedens skryf die koerant Grey Kollege het Paarl Boishaai vir die sesde agtereenvolgende keer op die rugbyveld uitoorlê.
En laastens word berig twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Christo en Christa Morrison van Glen buite Bloemfontein.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Het dieselfde hoofberig as Volksblad oor Cele se besoek in George.
En tweedens skryf die koerant oor die aansienlike groei in Europese toeriste wat Kaapstad besoek.
# En Cape Times:
Skryf eerstens oor Gabriel Gumba wat ná 118 uur met geringe beserings uit die puin in George gered is.
En tweedens word berig onregmatige inhegtenisnemings kos die belastingbetaler twee-miljard-rand.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig daar is talle vrae oor die veiligheidstoetse wat uitgevoer is voordat die gebou in George ingetuimel het.
En skryf tweedens jong mense wat vir die eerste keer die maatskaplike noodlenigingstoelaag wil ontvang word deur bedrieërs geteiken.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Wens alle Moslems wat nou vetrek vir hul Pegrimstog na Mekka sterkte toe.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig ‘n dringende waarskuwing is uitgereik dat die damme in die sentrale gebied van Namibië se gesamentlike watervlak nie tot die volgende reënseisoen sal hou nie.
En in samehang hiermee skryf die koerant die ministerie van die Omgewing, Bosbou en Toerisme sal in die lig van die watertekort oorweeg of die Visrivier-staproete gesluit moet word.