Nuus 09:00
BULLETIN 12 Mei 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Wonderwerk oorlewende van George gebou-ineenstorting spreek sy dankbaarheid uit
# Peace Mabe van ANC sê vrede in Midde-Ooste is onbereikbaar sonder Palestynse vryheid
# En, Sokker: Man City gee Fulham ‘n loesing en steek Arsenal verby
# Die 32-jarige man wat gister gered is na hy 116 uur onder die puin van die ineengestorte George gebou vasgekeer was, het sy dankbaarheid teenoor al die reddingspersoneel vir hulle onvermoeide pogings uitgespreek. Gabriel Guambe, wat as ‘n teellêer gewerk het, is gered na die woonstelblok Maandag ingetuimel het. Hy het wonder bo wonder slegs geringe beserings opgedoen en hertel baie goed in die hospitaal:
Die EFF sê intussen hy staan in solidariteit met die gemeenskap van George na die gebou-ineenstorting Maandag waarin minstens 16 werkers dood is, talle beseer is en 36 werkers steeds vermis word. Die party doen ‘n beroep vir ‘n deeglike ondersoek na die oorsake van die ineenstorting, insluitend die rol van kontrakteurs om te verseker daar word aan bouregulasies voldoen. Die EFF se woordvoerder, Leigh-Ann Mathys sê hulle eis geregtigheid vir die slagoffers en hulle families, insluitend vergoeding vir hulle verlies en voldoende ondersteuning vir diegene wat deur die tragedie geraak is.
# ‘n Lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, Peace Mabe, sê vrede in die Midde-Ooste is onbereikbaar sonder Palestynse vryheid terwyl Israel voortgaan om die mense van Palestina dood te maak. Die partyleierskap het hulle by wêreldwye organisasies in Sandton aangesluit vir ‘n driedaagse konferensie wat vandag eindig, vir die aftakeling van apartheid in Israel en die bevryding van Palestina. Mabe sê die party se deurlopende steun is ‘n baken van hoop en solidariteit vir die mense van Palestina:
Israel het intussen derduisende Palestyne aangesê om Rafah te verlaat terwyl hy sy militêre operasies in die suide van Gaza opskerp. Pamflette is uit die lug gegooi en boodskappe op sosiale media het inwoners in die stad se oostelike distrikte om na al-Mwasi te gaan – ‘n nou kusgebied wat Israel die “verlengde humanitêre zone” noem. Israel het gesê hy sal voortgaan met beplande operasies in Rafah ondanks Amerika en ander geallieerdes wat waarsku ‘n grondaanval kan tot massiewe burgerlike ongevalle en ‘n humanitêre krisis aanleiding gee.
# En, sokker: Josko Gvardiol het twee keer doele vir Manchester City teen Fulham aangeteken wat nou druk op Arsenal plaas in hulle stryd om die Premierliga-titel. Man City is nou die voorloper met twee punte op die punteleer. Die uitslag beteken die Gunners moet vandag teen Manchester United wen om seker te maak hulle is in die eindstryd van die seisoen. Man City speel Dinsdag teen Tottenham en as Arsenal nie daarin slaag om op Old Trafford te wen nie, sal ‘n oorwinning ‘n vierde agtereenvolgende Premierliga-titel aan Pep Guardiola se span besorg.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….