Nuus 13:00
BULLETIN 11 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die George munisipaliteit soek hulp van sprekers van Chewa, Portugees en Shona terwyl werker lewend opgespoor word
# Tennis: Thiem beplan om Oktober in Wenen uit te tree
# En, President Ramaphosa betreur dood van struggle-veteran Kwedi Zilindile Mkhalipi [KLANK]
# Die George munisipaliteit in die Wes-Kaap doen ‘n beroep op professionele psigo-maatskaplike ondersteuningspaktisyns wat vlot is in Chewa, Portugees en Shona om na vore te kom. Reddingswerkers werk onverpoos om die 40 mense wat nog nie opgespoor is nie, te vind. Dit volg na die woonstelblok in Victoriastraat Maandag ineengestort het. Hulle probeer om moontlike oop spasies waar slagoffers vasgekeer is, te bereik. Die praktisyns word benodig om angstige familielede op die toneel by te staan. Die dodetal was laat vanoggend steeds 13.
Die premier van die Wes-Kaap Alan Winde het ‘n rukkie gelede gesê die wonderwerk waarop almal gehoop het, het gebeur, nadat reddingswerkers by die ineengestorte woonstelgebou in George ‘n vasgekeerde werker lewend opgespoor het. In wat ‘n unieke gebeurtenis in Suid-Afrika kan wees, is die man opgespoor 116-uur na Maandag se ramp. Reddingspanne kommunikeer met hom en dit sal ‘n tydjie neem om hom uit te kry. Trauma-dokters is op die toneel om die pasiënt al die mediese sorg te gee wat hy nodig het.
# Die Hooggeregshof in Kaapstad het die aanstelling deur die Knysna-stadsraad van Ombali Sebola as munisipale bestuurder in Januarie verlede jaar, onwettig, ongrondwetlik en ongeldig verklaar. Die DA is hof toe vanweë Sebola se gebrek aan kwalifikasies en ongeskiktheid. Dion George van die party sê sy ampstermyn as munisipale bestuurder by die Modimolle-Mookgophong plaaslike munisipaliteit in Limpopo het op bankrotskap uitgeloop en hy het gevlug voor regsstappe teen hom ingestel kon word:
# Die UDM is diep bekommerd oor die onlangse tragedies van leerders wat gesterf het. Vyf kinders is dood nadat hulle gif ingeneem het en nog ‘n seun het verlede jaar sy eie lewe geneem na hy afgeknou is omdat hy gay is. Yongama Zigebe van die UDM sê die hartverskeurende voorvalle benadruk die noodsaaklikheid om geestesgesondheidsorg by skole voorop te stel:
# Tennis: Dominic Thiem van Oostenryk beplan om later vanjaar uit te tree, en hoop om te kan aanhou tot die Weense Ope in sy vaderland in Oktober. Die 30-jarige het in 2020 sy hoogste posisie van derde op die wêreldranglys behaal, maar beserings het hom laat terugsak tot die 117de plek. Sy beste prestasie was in 2020 toe hy die Amerikaanse Ope gewen het. Twee ander veterane gaan na verwagting ook vanjaar uittree: die 22-malige Grand Slam-kampioen Rafael Nadal van Spanje, en die tweemalige Grand Slam-kampioen, Andy Murray van Skotland.
# En, president Cyril Ramaphosa het met groot hartseer verneem van die afsterwe van die struggle-veteraan, voormalige Robbeneiland-gevangene en jarelange PAC-lid, Kwedi Mzingisi Zilindile Mkhalipi. Die 90-jarige was ‘n lid van die PAC se ondergrondse beweging en het aan die 1960-protesoptog in Kaapstad deelgeneem. Presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê Mkhalipi is in 1965 van sabotasie aangekla en tot 20 jaar op Robbeneiland gevonnis:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….