Nuus 13:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 10 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Konstitusionele Hof verwerp ‘n aansoek om die verkiesing uit te stel
# Die SA-vakbond van Joodse Studente betoog teen minister Pandor se anti-Israelse uitlatings
# En, krieket: Virat Kohli sit sy heerskappy voort as die voorste IPL-kolwer
# Die Konstitusionele Hof het African Congress for Transformation, die Labour Party of South Africa, en Afrikan Alliance of Social Democrats se versoek verwerp om die verkiesing uit te stel. Die partye het die hof genader nadat hulle die spertyd vir kandidaatlyste misgeloop het, en betoog die Verkiesingskommissie se aanlyn portaal was foutief. Die hof het beslis die partye het nie voldoende bewyse gelewer nie en dit sou duur wees om die verkiesing uit te stel. Die OVK het aangevoer sy aanlyn stelsel was funksioneel en uitstel sou die land byna 600-miljoen-rand kos.
# Die SA-vakbond van Joodse Studente se Raad van Afgevaardigdes en die Suid-Afrikaanse Vakbond van Joodse Studente betoog vandag voor die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg tydens minister Naledi Pandor se hoofrede op die Internasionale anti-Israel-konferensie. Nasional direkteur Wendy Kahn sê die Suid-Afrikaanse Jodedom veroordeel Pandor se voorspraak vir verskerpte universiteitsaktivisme teen Israel, met verwysing na die gevolge daarvan, insluitend gewelddadige aanvalle, mondelingse mishandeling en die uitsluiting van Joodse studente. Sy versoek die minister om dialoog en vryheid van denke te bevorder:
# Absa het ‘n filiaal buite die bankbedryf in China ingewy, gemik op die versterking van ekonomiese bande tussen Afrika en die Asiese supermag. Die filiaal sal onder ‘n bedryfslisensie van ‘n algehele buitelandse eienaar werk en raadgewende dienste bied aan kliënte in China vir transaksies regoor Afrika. Die uitvoerende hoof, Arrie Rautenbach, beklemtoon die belangrikheid van die stap, en Absa se toewyding aan die uitbreiding van sy internasionale reikwydte om sy vaardigheid te gebruik tot voordeel van kliënte in Afrika-markte en elders.
# Krieket: Virat Kohli bly die voorste kolwer in vanjaar se Indiense Premiersliga, met 634 lopies in 12 wedstryde teen ‘n ongelooflike gemiddeld van 70 lopies. Dit volg nadat hy 92 gemoker het om Royal Challengers Bengaluru ‘n oorwinning van 60 lopies oor Punjab Kings te besorg. Dit hou hulle skrale hoop lewend om die uitspeelrondes te haal. Die span het 241 vir sewe aangeteken en Punjab daarna uitgeboul vir 181. Die 35-jarige Kohli sê hy is bly hy kon tot die oorwinning bydra:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-44-sent teen die dollar, 19-rand-89-sent teen die euro en 23-rand-12-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-898-dollar-13-sent. Die prys van goud is twee-duisend-372-dollar-46-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-18-sent per vat.
# En ten slotte: ‘n Dieretuin in China word beskuldig dat hy honde swart en wit geverf het vir sy sogenaamde pandahond-uitstalling in ‘n poging om besoekers te laat dink hulle sien regte pandas. Besoekers wat ingestroom het om die diere te sien was teleurgesteld toe hulle agtergekom dit was in werklikheid Chows, oorspronklik uit Noord-China, en bekend vir hulle dik pels. ‘n Woordvoerder verdedig die dieretuin teen aantygings van vals advertensie, en sê hulle het net ‘n nuwe uitstalling aangebied sonder om meer toegangsgeld te vra.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….