Nuus 15:00
BULLETIN 9 Mei 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa keur die wetsontwerp teen haatspraak en -misdade goed
# NUM vra die boubedryf om aandag te skenk aan gesondheids- en veiligheidsprotokolle
# En, krieket: Mumbai kan nie meer die Indiese Premierliga se groepsfase oorleef nie
# President Cyril Ramaphosa het die Wet op die Voorkoming van Haatmisdade en Haatspraak goedgekeur. Volgens die Presidensie kriminaliseer dit haatmisdade en -spraak. Dit stem ooreen met Suid-Afrika se grondwetlike waardes van gelykheid, menseregte en geen diskriminasie. Die wet verbied diskriminasie en verseker die reg op waardigheid en vryheid van geweld. Dit wil haatmisdade keer, maatreëls doeltreffend toepas en data insamel oor sulke oortredings.
# Die mynwerkersvakbond N-U-M vra die boubedryf om aandag te skenk aan gesondheids- en veiligheidsprotokolle op hul persele, soos voorgeskryf in die Wet op Beroepsgesondheid en – Veiligheid. Dit volg nadat ‘n gebou in aanbou in George ingetuimel het en agt werkers dood is. Mlondolozi Limaphi van N-U-M sê die dood van die agt werkers, en ander wat onder die puin vasgekeer is, kon verhoed gewees het indien gesondheid en veiligheid in plaas van wins voorop gestel is:
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement herinner ouers om aansoek te doen vir laat registrasie vir graad 1 en 8 voor die spertyd Sondag. Die LUR, David Maynier, het onthul 114-duisend-144 leerders se aansoeke is vir die 2025 akademiese jaar ingedien, met 87-persent daarvan op die aanlyn stelsel. Ouers wat hulp nodig het kan hulle distrikskantoor besoek. Maynier sê graad R en oordragversoeke vir ander grade is van 1 tot 16 Augustus oop:
# Krieket: Mumbai Indians het die eerste span geword wat nie die groepsfase van die Indiese Premierliga sal oorleef nie. Hulle is tweede-laaste op die punteleer nadat hulle net vier van hulle twaalf wedstryde kon wen. Ondersteuners het reeds heelwat vroeër die seisoen vir Hardik Pandya die skuld gegee vir hulle swak vertoning nadat hy die uiters gewilde Indiese kaptein, Rohit Sharma, as kaptein van Mumbai vervang het. Sharma het die span gelei na al vyf hulle titels. Die tweemalige kampioen, Kolkata Knight Riders, is tans boaan die punteleer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-51-sent teen die dollar, 19-rand-86-sent teen die euro en 23-rand-6-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-921-dollar-95-sent. Die prys van goud is twee-duisend-312-dollar-66-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-20-sent per vat.
# En, die Copernicus-klimaatsveranderingsdiens sê verlede maand was die warmste maand op rekord, en die elfde agtereenvolgende maand van ongekende hoë temperature. Ondanks ‘n verswakte El Niño, wat toegeskryf word aan mensgemaakte klimaatsverandering, het globale temperature die hoogte ingeskiet. In April was temperature 1,58-grade Celsius hoër as voor industrialisasie. Die direkteur van die diens, Carlo Buontempo, waarsku kweekhuisgas-konsentrasies sal waarskynlik temperature steeds nuwe hoogtes laat bereik, en die 1,5-grade Celsius verwarmingsgrens oorskei wat deur die Paryse Ooreenkoms gestel is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….