Nuus 14:00
BULLETIN 9 Mei 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die NUM vra die boubedryf om aandag te skenk aan gesondheids- en veiligheidsprotokolle
# President Ramaphosa keur ‘n wet goed wat Moslem-huwelike erken
# En, Olimpiese Spele: ‘n Voormalige verspringkampioen verwag nie ‘n groot opskudding in dié item in Parys nie
# Die mynwerkersvakbond N-U-M vra die boubedryf om aandag te skenk aan gesondheids- en veiligheidsprotokolle op hul persele, soos voorgeskryf in die Wet op Beroepsgesondheid en – Veiligheid. Dit volg nadat ‘n gebou in aanbou in George ingetuimel het en agt werkers dood is. Mlondolozi Limaphi van N-U-M sê die dood van die agt werkers, en ander wat onder die puin vasgekeer is, kon verhoed gewees het indien gesondheid en veiligheid in plaas van wins voorop gestel is:
# President Cyril Ramaphosa het die Wysigingswetsontwerp op Egskeidings onderteken, wat Moslemhuwelike erken om vroue en kinders te beskerm wanneer huwelike misluk. Die wysiging volg op ‘n uitspraak deur die Konstitusionele Hof en hanteer vorige tekortkominge in die wet. Dit gee ‘n definisie van ‘n Moslemhuwelik, beskerming vir afhanklike en minderjarige kinders, en reël die verdeling van bates en die verbeuring van geërfde voordele. Die stap wil verseker Moslem-egpare wat volgens Islamitiese wette trou kry statutêre beskerming sonder die bykomende burgerlike registrasie, wat voorheen nodig was.
# Cosatu sê hy verwerp die DA se voorstel om talle arbeidsregte wat vroue sedert die begin van demokrasie gekry het, te kanselleer. Die vakbond-federasie sê die DA stel voor dat meer as 90-persent werknemers van die hele arbeidbeskermingsraamwerk uitgesluit word. Matthew Parks van Cosatu sê die benadering voorspel niks goeds vir onder andere agt-miljoen vroue nie:
# Olimpiese Spele: Die viermalige goue medaljewenner in verspring, Carl Lewis, verwag nie vanjaar ‘n groot opskudding in dié item op die Spele in Parys nie. Die Amerikaner het die item gewen op vier agtereenvolgende Spele, van 1984 tot 1996, en ook twee wêreldtitels ingepalm. Lewis beskryf die verspring as die moeilikste van alle velditems en bevraagteken die geesteskrag van die huidige atlete. Die wêreldrekord staan tans op 8,95 meter en die Olimpiese rekord op 8,90 meter, terwyl Miltiadis Tentoglou van Griekeland op die Spele in Tokio goud gewen het met ‘n sprong van 8,41 meter.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-53-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 23-rand-15-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 60-duisend-987-dollar-7-sent. Die prys van goud is twee-duisend-308-dollar-24-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-12-sent per vat.
# En ten slotte, Disney en Warner Bros. Discovery span saam om ‘n nuwe stromingsbundel te bied wat uit Disney Plus, Hulu en Max bestaan, en wat later vanjaar aan klante in Amerika beskikbaar sal wees. Die stap kom terwyl Disney en Warner Bros mededinging ondervind van teenstanders soos Netflix en Amazon Prime Video. Disney Entertainment se woordvoerder, Joe Earley, sê hierdie ongelooflike nuwe vennootskap plaas intekenaars eerste en gee hulle toegang tot trefferflieks en drie videoteke met die beste handelsmerke en stroming-vermaak wat vandag beskikbaar is.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….