Eko-minuut 13:30
BULLETIN 8 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings vra Cape Nature om deursigtig te wees oor die welstand van ‘n olifant in die Fairy Glen-natuurreservaat naby Worcester, Letaba. Die raad beskuldig Cape Nature daarvan dat hy voldoenings-inligting weerhou. Woordvoerder, Jacques Peacock, sê Letaba het ‘n beperkte dieet, en eis dat Fairy Glen inligting oor nakoming en sy dieet-protokol bekend maak. Hy benadruk Letaba moet ‘n gebalanseerde dieet volg en kritiseer die reservaat se vertroue op skenkings deur die publiek om die olifant behoorlik te voer.
# Die Afrika-Unie het ‘n strategie van stapel gestuur om die woestyn-vorming van die vasteland vir die volgende tien jaar te bestry. Die Great Green Wall-veldtog het ten doel om landskappe te herstel en veerkragtige gemeenskappe in droë gebiede te skep. Die projek dek 36 Afrikalande. Estherine Lisinge-Fotabong van die Afrika-Unie se Ontwikkelingsagentskap sê die strategie is in ooreenstemming met die Paryse Ooreenkoms oor Klimaatsverandering en die Verenigde Nasies se Konvensie vir die Bestryding van Klimaatsverandering.
# En, die wêreldwye voedselverbouingstelsel bied ‘n reuse geleentheid om byna ‘n derde van die wêreld se kweekhuisgas-uitlatings te verminder deur bekostigbare en geredelik beskikbare optredes. Volgens ‘n nuwe verslag van die Wêreldbank is die voedselverbouingstelsel ‘n onontginde bron van lae-koste moontlikhede teen klimaatsverandering. Axel van Trotsenburg van die Wêreldbank sê deur net eenvoudig die manier te verander waarop middel-inkomstelande gebiede soos woude en ekostelsels vir voedselverbouing gebruik, kan gasuitlating deur die sektor teen 2030 met ‘n derde verminder word.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….