Nuus 13:00
BULLETIN 8 Mei 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# George se munisipaliteit pleit vir veiligheidstoerusting en voorrade
# Die Vrystaatse Landbou-departement sê plaasmoorde skep paniek en onsekerheid onder boere
# En, Maradona se Goue Bal-trofee van 1986 se Wêreldbekertoernooi gaan opgeveil word
# Die George-munisipaliteit vra steun vir noodwerkers op die toneel van die ineengestorte gebou. Skenkings van veiligheidstoerusting en voorrade, waaronder veiligheidsbrille, koplampe, knyperborde en kos, kan afgelewer word by die tentperseel by Victoriastraat 79, wat beman word deur Gift of the Givers en LoveGeorge. Geldelike bydraes is ook welkom, met besonderhede wat deur die munisipaliteit verskaf sal word. Geld kan geskenk word aan die munisipaliteit se Verligtings- en liefdadigheidsfonds.
# Die Vrystaatse Departement van Landbou sê die moorde op die bejaarde egpaar Christo en Christa Morrisen op die plaas Rietfontein het paniek en onsekerheid geskep onder boere, oor hul veiligheid en sekerheid. Die departement sê sulke voorvalle bedreig voedselsekerheid en werkskepping, en die verlies aan een boer is een te veel. Die departement se woordvoerder, Zimasa Mbewu, sê dit is boere wat die swaarste vrag dra in die stryd om genoeg voedsel te lewer vir die provinsie en die land:
# Die Vereniging van Staatsamptenare vra gedurende Werkersmaand vir die insluiting van gestremdes en vroue in die werksplek. Die vakbond ondersteun die minister van Vroue, die Jeug en Mense met Gestremdhede, Nkosazana Dlamini-Zuma, se strewe vir die beskerming van die regte van gestremdes. Die vereniging vra wette soos die Wet op Gelyke Indiensneming moet streng gevolg word om die regte van gestremdes te beskerm. Woordvoerder Reuben Maleka sê dis noodsaaklik om ekonomiese agterstand uit te skakel. Hy pleit by werkgewers om gelyke behandeling voor te staan en gelyke geleenthede aan te bied.
# Sokker: Die Goue Bal-trofee wat die Argentynse legende Diego Maradona in 1986 se Wêreldbekertoernooi verower het, gaan volgende maand opgeveil word. Die toekenning wat glo gesteel is, het in 2016 weer te voorskyn gekom uit ‘n privaat versameling wat in Parys opgeveil is. Maradona, wat in 2020 oorlede is, het die toekenning verower nadat hy Argentinië in Mexiko na ‘n Wêreldbeker-titel gelei en waartydens hy vyf doele aangeteken het. Dit is die eerste Goue Bal wat opgeveil word.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-57-sent teen die dollar, 19-rand-97-sent teen die euro en 23-rand-18-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-180-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-308-dollar-9-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 81-dollar-81-sent per vat.
# En ten slotte: Nuwe navorsing beklemtoon die moontlikheid om plantekstrakte uit Afrika se ryke bioverskeidenheid as veiliger alternatief vir sintetiese vel-bleikingsprodukte te gebruik. Laurentia Opperman, wat onlangs haar Meestersgraad in Mediese Biowetenskappe aan die Universiteit van die Wes-Kaap voltooi het, het die navorsing gedoen. Sy sê tirosinase was ‘n belangrike fokuspunt in haar navorsing. Dit is ʼn ensiem in plant- en dierweefsel wat ʼn belangrike rol speel in melanogenese, wat die proses is waarvolgens melanien vervaardig word:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….