Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 7 Mei 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA bly hoop op ‘n geslaagde reddingspoging in George
# Die Verkiesingskommissie is nie bereid om by die MK-party se huishoudelike sake betrokke te raak nie
# En, rugby: ‘n Vroue-skeidsregter maak Bok-geskiedenis in Bloem
# Die DA is optimisties oor die voortgesette reddingspogings nadat ‘n vyfverdieping-gebou gister in George in die Suid-Kaap ingetuimel het. Die plaaslike munisipaliteit, die Stad Kaapstad en die Wes-Kaapse regering is besig met gesamentlike pogings om vasgekeerde oorlewendes te bevry, terwyl die dood van ses mense bevestig is. Mimmy Gondwe van die DA het meegevoel betuig met die slagoffers se naasbestaandes:
# Die Verkiesingskommissie is nie bereid om by die huishoudelike sake van die MK-party betrokke te raak nie. Dit volg op ‘n brief met die eis om oudpresident Jacob Zuma se naam van hulle ledelys te verwyder. Die kommissie bevestig die party se verteenwoordiger, Jabulani Khumalo, het geëis Zuma moet as die gesig en president verwyder word. Aangesien Zuma sedert 10 April die geregistreerde leier is, kan die kommissie nie optree om aan die eis te voldoen om hom van die party se lys van parlementslede te verwyder nie.
# Ouers vra die regering om die aansoekproses te vereenvoudig om te verseker kinders word vinniger diagnoseer en tot geskikte skole toegelaat. Kinders met spesiale leerbehoeftes regoor Limpopo ondervind steeds uitdagings met toelating tot geskikte skole. Die plaaslike regering word geprys omdat hy seker maak kinders het toegang tot basiese onderwys en ekonomiese geleenthede, maar word aangemoedig om die proses vaartbelyn te maak. Cebile Khanye van die Onderwysdepartement sê assessering is belangrik om die plasing-struikelblokke uit die weg te ruim:
# Rugby: Geskiedenis sal gemaak word wanneer die Springbokke Portugal in Julie die eerste keer in ‘n toets in Bloemfontein ontmoet. Die wedstryd sal behartig word deur Hollie Davidson van Skotland. Sy sal die eerste vrou wees wat beheer van ‘n Bok-toets neem. Wêreldrugby het die wedstrydbeamptes vir al die toetse in Junie en Julie aangekondig. Chris Busby van Ierland sal in beheer wees wanneer die Bokke op 22 Junie op Twickenham in Londen teen Wallis te staan kom. Angus Gardner van Australië en Karl Dickson van Engeland sal die Bokke se twee toetse teen Ierland in Pretoria en Durban onderskeidelik hanteer.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-48-sent teen die dollar, 19-rand-92-sent teen die euro en 23-rand-20-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-592-dollar-30-sent. Die prys van goud is twee-duisend-311-dollar-70-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-13-sent per vat.
# En ten slotte: Die uitvoerende hoof van DebtBusters, Benay Sager, sê volgens hulle skuldaanwyser vir die eerste kwartaal van 2024 vra meer verbruikers hulp om hoë inflasie teen te werk. Die vraag na skuldberading het met 22-persent toegeneem en inskrywings vir aanlyn skuldbestuursdienste het met 30-persent gestyg. Sager sê hardnekkkige hoë rentekoerse en inflasie, veral voedsel-inflasie, kalf steeds verbruikers se besteebare inkomste weg, terwyl ‘n gebrek aan betekenisvolle ekonomiese groei druk plaas op salarisse.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….