Nuus 06:00
BULLETIN 7 Mei 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Gebou wat ineenstort in George eis twee lewens
# Die Israelse weermag voer aanvalle uit in die ooste van Rafah
# En rugby: Die Junior Bokke wil hul spel verbeter teen Australië
# Twee mense is dood ná die ineenstorting van ‘n vyfverdiepinggebou op ‘n bouperseel in Victoriastraat in George in die Wes-Kaap. Vyf-en-sewentig lede van ‘n konstruksiespan was gistermiddag op die terrein ten tyde van die voorval. Die George-munisipaliteit sê 22 mense is uit die puin gered en in die hospitaal opgeneem waar twee slagoffers dood is. Die munisipaliteit sê verskeie lede van die rampdiens, wat polisie-soek-en-reddingspanne met snuffelhonde insluit, is steeds betrokke by die reddingsoperasie om die oorblywende 53 vasgekeerde konstruksiewerkers op te spoor.
# Die Verkiesingskommissie het die MK-leier, Jacob Zuma, se aansoek aan die Konstitusionele Hof verwerp vir die onttrekking van die regters wat hom gevonnis het in die besluit oor sy geskiktheid vir die Parlement. News24 berig die OVK het Zuma se aansoek van die hand gewys en gesê daar is geen geldige rede om die regters te herroep nie. Zuma is tot 15-maande tronkstraf gevonnis vir minagting. Die kommissie voer aan die appèl vereis nie her-interpretasie van vorige beslissings nie, maar fokus op Zuma se kwalifikasie as ‘n kandidaat vir die Nasionale Vergadering kragtens die Grondwet.
# Die minister van Polisie, Bheki Cele sê aktiewe burgerlike deelname aan die voorkoming en bekamping van misdaad groei steeds. Die polisie se senior bestuur het die media ingelig oor die sukses van Operasie Shanela die afgelope jaar. Die operasie wat in Mei verlede jaar van stapel gestuur is om misdaad in hoëdigtheidsgebiede te bekamp, het gelei tot die arrestasie van 600-duisend misdadigers. Cele sê die polisie sal misdaad steeds doelgerig bekamp:
# Eskom daag City Power op 4 Junie voor die Hooggeregshof in Johannesburg oor skuld van meer as een-miljard-rand. City Power se onbetaalde rekenings sedert Oktober verlede jaar het Eskom gedwing om ‘n verklarende bevel te kry. Op sy beurt kla City Power oor moontlike oordrewe rekenings sedert 2021. Die Eskom-woordvoerder Amanda Qithi sê die skuldagterstand bedreig hulle vermoë om infrastruktuur te onderhou en aan energie-eise te voldoen:
# Die Israelse weermag sê hulle het aanvalle in die ooste van Rafah uitgevoer, nadat hulle sowat 100-duisend burgerlikes versoek het om die gebied te verlaat. Luidens berigte is geweervuur aan die Egiptiese kant van die Rafah-grens gehoor. Dit volg nadat Hamas ‘n skietstilstand aanvaar het, wat deur Israel verwerp is, omdat dit nie aan sy eise voldoen nie. Die VSA sê hy fokus daarop om groot militêre operasies in digbevolkte gebiede soos Rafah te voorkom.
# Rugby: Verskeie veranderings is aangebring aan die Junior Springbokspan wat vandag teen Australië te staan kom in die tweede ronde van die onder-20 Rugbykampioenskap in Bokarina, Queensland. JF van Heerden neem die kapteinskap oor by Zachary Porthen, wat weens ‘n handbesering nie kan speel nie. Hy het die besering verlede week in die gelykop-wedstryd van 13-elk teen Nieu-Seeland opgedoen. Daar is nege veranderings en ‘n posisionele skuif aan die beginspan gemaak. Die wedstryd begin vanoggend om 11-uur SA tyd en sal regstreeks op SuperSport uitgesaai word.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-48-sent teen die dollar, 19-rand-90-sent teen die euro en 23-rand-21-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-583-dollar-27-sent. Die prys van goud is twee-duisend-325-dollar-9-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 83-dollar-53-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….