Nuus 11:00
BULLETIN 3 Mei 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Amerikaanse ambassadeur sê Amerika sal nie met die verkiesing inmeng nie
# Brittanje se Arbeidersparty maak goeie vordering in tussenverkiesings
# En sokker: Sundowns wen ‘n sewende agtereenvolgende Premierliga-titel
# Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika, Reuben Brigety, sê sy land gaan nie by die Suid-Afrikaanse verkiesingsproses inmeng nie. Senior amptenare van die Verkiesingskommissie het vroeër die maand met Brigety vergader, wat kommer laat ontstaan het dat Amerika by die verkiesing op 29 Mei kan inmeng. Die OVK sê daar is niks geheimsinnigs aan die ontmoeting nie en hy gaan binnekort ook met ander lande se verteenwoordigers vergader. Brigety het aan die SABC gesê hulle wil hê demokrasie moet seëvier:
# Die Kommunikasiewerkersvakbond sê sy lede by die Suid-Afrikaanse Poskantoor dreig met arbeidsoptrede indien ‘n oplossing nie gevind word om hul afleggings te verhoed nie. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie se Beregtigingskomitee het die sakereddingspraktisyns se aansoek om befondsing van die Tydelike Noodverligtingsplan verwerp. Dit beteken vier-duisend-889 personeellede gaan afgelê word. Die vakbond sê hy het gehoop die regering sal tot sy sinne kom en probeeer om die KVBA se besluit ter syde gestel te kry.
# Die Australiese mynreus BHP het ‘n span top- uitvoerende beamptes na Suid-Afrika gestuur om die regering, plaaslike beleggers, reguleerders en plaaslike aandeelhouers te bearbei. Anglo American het verlede week BHP se voorgestelde oorname-aanbod verwerp en gesê dit onderwaardeer die maatskappy. BHP het voorgestel hy neem Anglo American met alle aandele oor teen sowat 740-miljard-rand. Die maatskappy sê sy voorstel was nie ʼn aanklag teen die land nie, maar portefeuljes en verbruikersprodukte is oorweeg.
# Die Britse Arbeidersparty het betekenisvolle oorwinnings in die tussenverkiesings behaal en die Konserwatiewe eerste minister, Rishi Sunak, se leierskap ʼn knou gegee. Stemme word steeds getel en die belangrikste uitslag oornag was in Blackpool-Suid waar Chris Webb van die Arbeidersparty die parlementêre tussenverkiesing met tien-duisend-825 stemme by die Konserwatiewes afgeneem het. Die Arbeiders het ook in Redditch en Hartlepool sukses behaal. Webb het Sunak gevra om te erken hy het misluk en ʼn algemene verkiesing uit te roep:
# Sokker: Mamelodi Sundowns het sy sewende agtereenvolgende Premierliga-titel opgeraap. Na ʼn eerste helfte sonder enige doele, het Sundowns in die tweede helfte vyf doele aangeteken en Kaizer Chiefs vyf-een afgeransel. Hulle het die titel verower deur 62 punte te bereik met ses wedstryde wat oorbly. Stellenbosch en Orlando Pirates sal sake uitspook vir die tweede plek. Sundowns se afrigter, Rulani Mokwena, sê dis was ʼn ongelooflike seisoen:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-59-sent teen die dollar, 19-rand-94-sent teen die euro en 23-rand-32-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 59-duisend-406-dollar-61-sent. Die prys van goud is twee-duisend-300-dollar-30-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 84-dollar-4-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….