Eko-minuut 13:30
BULLETIN 2 Mei 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Sentrum vir Omgewingsregte sê die Wetsontwerp oor Klimaatsverandering baan die weg vir aanpassing, vermindering en instellingsreëlings. Die oogmerke van die wetsontwerp sluit in die ontwikkeling van ‘n aksieplan teen klimaatsverandering, en om langtermyn regverdige oorgang te bewerkstellig na ‘n lae koolstof- en klimaatbestande ekonomie. Brand Abdinor van die sentrum sê die sukses van die wetsontwerp sal afhang van politieke wil en raadpleging met belanghebbendes.
# Die Stad Kaapstad het die tender vir sy foto-voltaïese sonkragprojek van sewe megawatt by Atlantis aan die Lesedi Technoserve Consortium toegeken. Die projek sal bydra dat die stad se munisipale geboue teen 2030 geen koolstofvrystellings het nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Beverley van Reenen, sê die projek is tans in die gedetailleerde ontwerpfase en die eerste elektrisiteit sal moontlik teen die einde van volgende jaar na die netwerk oorgedra word:
# En, Groep Sewe-nasies het ooreengekom om hulle afhanklikheid van burgerlike kern-verwante produkte van Rusland te verminder. Die groot nywerheidslande pas tans hulle energieplanne aan terwyl hulle Moskou isoleer. Die groep het die ooreenkoms bereik terwyl hulle volgens die organisasie se roterende presidentskap in Italië vergader. Dis ‘n deurslaggewende oomblik vir nasies wat ʼn volhoubare pad vorentoe vir hulle energiebehoeftes, weg van gas, wil bewerkstellig. Dit volg nadat Rusland se inval in Oekraïne ʼn jare lange vraag-en-aanbod-balans ontwrig het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….