Nuus 07:00
BULLETIN 30 April 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA bestempel Cosatu as ‘n vyand van werklose Suid-Afrikaners
# Oekraïne se president doen ‘n beroep op die spoedige lewering van Amerikaanse militêre hulp
# En boks: Die legendariese Suid-Afrikaanse bokser Dingaan Thobela is dood
# Die DA beskuldig die vakbondfederasie, Cosatu, as ‘n vyand van die tien-miljoen werklose mense in die land. Volgens die party is die ANC, Cosatu en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty ‘n onheilige alliansie wat bygedra het tot die hoё werkloosheidskoers, deur die doelbewuste beleid van ekonomiese uitsluiting. Met die werkloosheidskoers op bykans 33-persent, is die party van mening die ware minimum loon vir baie Suid-Afrikaners is nul. ’n Woordvoerder van die DA, Mat Cuthbert, onderneem om werkers wat tans in diens is te beskerm en terselfdertyd nuwe werksgeleenthede vir werkloses te skep:
# Die nasionale leier van RISE Mzansi, Songezo Zibi, lei ‘n betoging by die Johannesburgse Aandelebeurs om die voorkoms van seks-vir-werk- en kontant-vir-werk-praktyke aan te spreek, veral in die kleinhandel- en mynbousektor. Die nasionale woordvoerder, Gugu Ndima, sê die betoging wil bewusmaking kweek en optrede van instellings en genoteerde maatskappye eis om hierdie praktyke uit te roei. Sy beklemtoon ook die kwessie in plaaslike regering:
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê hy is teleurgesteld dat Equal Education weer die hof nader oor die plasing van leerders. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het Vrydag ‘n dringende aansoek deur Equal Education en die Equal Education-regsentrum van die rol geskrap. Die organisasies het egter gister weer die hof genader. LUR David Maynier sê die organisasie se nuwe saak sal aangehoor word sodra die departement sy dokumente indien:
# Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, het die VSA gevra om die lewering van militêre hulp te bespoedig. Hy sê Rusland trek voordeel uit die stadige aflewering van wapens. Verlede week het president Joe Biden ‘n hulppakket van 1,81-duisend-miljard-rand vir Oekraïne, Israel en Taiwan goedgekeur. Sommige wapens is reeds aan Oekraïne gelewer. Zelensky sê hulle benodig artillerie-koeëls en lugverdedigingstelsels want Rusland berei voor vir aanvalle.
# Boks: Die Suid-Afrikaanse bokslegende, Dingaan Thobela, wat ook as die Roos van Soweto bekend gestaan het, is oorlede. Die 57-jarige Thobela is ná ʼn lang siekbed in sy huis in Johannesburg oorlede. Hy was van 1990 tot 1992 die WBO-liggewigkampioen en is in 1993 in dieselfde gewigskategorie as WBA-kampioen gekroon. Hy het 40 van sy 56 gevegte gewen en 26 hiervan met uitklophoue.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-67-sent teen die dollar, 19-rand-99-sent teen die euro en 23-rand-44-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-567-dollar-44-sent. Die prys van goud is twee-duisend-329-dollar-83-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-6-sent per vat.
# En ten slotte: Die Kuns- en Kultuurtrust het die Tlholo-strokiesprentreeks bekendgestel wat waardevolle insigte en riglyne bied vir entrepreneurs in die kuns- en kultuursektor. Die reeks wat in al elf landstale beskikbaar is, volg die verhaal van Pule, ʼn entrepreneur wat ʼn sakeonderneming in die kuns- en kultuurbedryf wil begin, en die uitdagings wat hy teëkom. Die trust se uitvoerende hoof, Jessica Denyschen, sê hulle wil ʼn meer inklusiewe en ondersteunende kunsgemeenskap vir kunstenaars en kuns-entrepreneurs bevorder.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….