Nuus 16:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 29 April 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Stadige verkope van residensiële eiendomme terwyl kopers wag op die afloop van die verkiesing
# Die minister van Vervoer prys SANRAL vir Oos-Kaapse padvordering
# En, rugby: Die Stormers se VRK-toer van twee wedstryde sal beslissend wees
# Hoë rentekoerse vertraag die verkoop van residensiële eiendomme omdat kopers op die uitslag van die verkiesing wag. Kopers moet noodgedwonge hulle verkoopsprys meer as een keer verlaag. Die bedryf neem uitdagings met pryse waar, veral van eiendomme van meer as 3,5-miljoen-rand. ‘n Woordvoerder van Get A Bond, André Parsons, skryf dit toe aan verswakte bekostigbaarheid, met baie kopers wat nie vir ‘n verband kwalifiseer nie:
# Die minister van Vervoer, Sindisiwe Chikunga, het SANRAL geluk gewens met die vordering met Oos-Kaapse padprojekte. Chikunga verwag groter beleggings met die herontwikkeling van die N2-infrastruktuur. Die projekte, wat in 2021 begin is, het reeds 230 klein en medium ondernemings as subkontrakteurs bevoordeel. Chikunga beklemtoon verbeterde paaie sal die ekonomiese groei, ontwikkeling en werkskepping in die provinsie stimuleer:
# Die grootbaas van Tesla, Elon Musk, was vir ‘n heen-en-weertjie op besoek aan China waar die maatskappy ‘n sleutel sekerheidsklaring bekom het vir die wêreld se grootste mark vir elektriese voertuie. Musk het premier, Li Qiang, ontmoet terwyl hy alles in sy vermoё doen om Tesla se sukses te verseker te midde van intense mededinging van plaaslike vervaardigers van elektriese voertuie. Op dieselfde dag is aangekondig Tesla se plaaslik-vervaardigde modelle is op die lys voertuie wat voldoen aan China se datasekerheidsvereistes vir slim voertuie, wat ‘n sleutel regulatoriese hindernis uit die weg ruim.
# Rugby: Die Stormers is op pad om twee wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap te speel. Hulle Springbokke sal beskikbaar wees wanneer hulle teen die Dragons in Wallis kragte meet en dan Connacht in Ierland. Die Stormers het hulle teleurstellende nederlaag teen die Ospreys opgevolg met ‘n maklike oorwinning teen Leinster om nou vyfde op die punteleer te staan, met nog drie wedstryde oor. Volgens afrigter, John Dobson: is die toer beslissend:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-69-sent teen die dollar, 20-rand-4-sent teen die euro en 23-rand-44-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-307-dollar-38-sent. Die prys van goud is twee-duisend-334-dollar-77-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 87-dollar-76-sent per vat.
# Ten slotte: ’n Gesin in Amerika is met hul kieterkat herenig nadat sy per ongeluk in ‘n pakkie beland het wat teruggestuur is Kalifornië toe. Galeana se eienaars het dae lank hoog en laag gesoek nadat hul geliefde basterkat uit hulle huis in Utah verdwyn het. Sy is byna ‘n week later deur ‘n Amazon-werker gered nadat sy ongemerk in een van die gesin se pakkies gespring het. Haar eienaars het meer as een-duisend-600 kilometer gevlieg om hul troeteldier te gaan haal. Galeana was gelukkig nog fris en gesond al was sy ‘n paar dae sonder kos of water.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….