Nuus 14:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 29 April 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Mashatile is vol vertroue die ANC sal voltooi waarmee hy 30-jaar gelede begin het
# Cosatu sê die DA kan nie met werkers se lewens vertrou word nie
# En, krieket: Kane Williamson voer Nieu-Seeland se T20-Wêreldbekergroep aan
# Die ANC se adjunkpresident, Paul Mashatile, versoek stemgeregtigde kiesers om die ANC te ondersteun om voort te gaan met sy werk wat 30-jaar gelede begin is. Ondanks strawwe mededinging, spreek Mashatile vertroue uit in die ANC se oorwinning op 29 Mei. Inwoners in Sedibeng, Gauteng het groot uitdagings uitgelig waarmee gemeenskappe worstel, insluitend die hoë vlakke van misdaad, armoede en werkloosheid. Mashatile het die party se gewilligheid beklemtoon om prestasies en gebiede vir verbetering oor die afgelope drie dekades van demokrasie te evalueer:
# Cosatu sê die DA se belofte in sy verkiesingsmanifes om die nasionale minimumloon te skrap, waarin die lone van ses-miljoen verarmde werkers regoor die ekonomie verhoog word, is ‘n wrede herinnering die party kan nie met werkers se lewens vertrou word nie. Die vakverbond sê die DA se manifes en belofte sal miljoene werkers in algehele armoede dompel. Matthew Parks van Cosatu sê sedert 1994 het die DA in the Parlement gestem teen elke wet wat die werksomstandighede en regte van werkers in die land verbeter:
# Die DA in Gauteng sê indien hy tot die regering verkies word, sal hy ‘n forensiese oudit van die behuisingswaglys laat doen om seker te maak behuising word slegs aan regmatige begunstigdes toegeken. Die behuisingsagterstand staan op meer as 1,2-miljoen. Die DA se premierskandidaat, Solly Msimanga, sê die provinsie se behuisingskrisis duur voort en die provinsiale regering se tandelose benadering om infrastruktuurprojekte teen vandalisme en kapings te beskerm, vererger die probleem.
# Krieket: Kane Williamson voer Nieu-Seeland die vierde keer aan in die komende T20 Wêreldbeker in die Wes-Indiese Eilande en Amerika. Die Swart Pette se groep van 15 spelers sluit die ervare snelboul-duo, Tim Southee en Trent Boult, in. Snelbouler Matt Henry en kolwer Rachin Ravindra maak hulle debuut in die T20 Wêreldbeker. Die Nieu-Seelandse afrigter, Gary Stead, glo sy span is goed gebalanseer en is vol vertroue hulle sal goed vaar in die toernooi.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-75-sent teen die dollar, 20-rand-10-sent teen die euro en 23-rand-50-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-604-dollar-10-sent. Die prys van goud is twee-duisend-342-dollar-36-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 87-dollar-88-sent per vat.
# Om mee af te sluit: Die Suid-Afrikaanse Lugdiens het sy vlugte tussen Johannesburg en Perth hervat, wat sy terugkeer beteken na roetes oor die Indiese Oseaan, ná die Covid-pandemie. Die vlugte sal jaarliks in albei rigtings tussen Johannesburg en Perth, 40-duisend meer passasiers vervoer, met Airbus A-3-40-300’s. Die vlug van nege-en-‘n-half-uur sal drie keer per week, op Dinsdae, Donderdae en Sondae vanaf Johannesburg vertrek, met vlugte vanaf Perth, wat op Maandae, Woensdae en Saterdae sal vertrek.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….