Nuus 06:00
BULLETIN 29 April 6 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Veiligheidsgroepering het ‘n plan om enige pogings om die verkiesing te ontwrig, te hanteer
# Beurtkrag bly opgeskort tot verdere kennisgewing
# En krieket: Die Leeus is die Krieket Suid-Afrika T20-uitdaagkampioen
# Die Justisie-, Misdaadvoorkomings- en Sekuriteitsgroep sê geen aanhitsing tot geweld, wetteloosheid of vernietiging van infrastruktuur sal op verkiesingsdag geduld word nie. Die groep het gister die jongste bekendgemaak oor die stand van gereedheid vir die sewende demokratiese verkiesing op die 29ste van volgende maand. Dit is vandag 29 dae voordat Suid-Afrikaners hul kruisies trek. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Thandi Modise, sê die howe is voorbereid en gereed om verkiesingsverwante misdade te hanteer:
Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, sê intussen sy departement sal op verkiesingsdag oop wees. Dit geld ook vir die mobiele kantore in landelike gebiede. Mense kan vir identiteitsdokumente aansoek doen en dokumente afhaal. Hy het gesê almal wat om ID’s aansoek gedoen en SMS-kennisgewings ontvang het, moet Binnelandse Sake besoek om die dokumente af te haal:
# Eskom sê beurtkrag bly opgeskort tot verdere kennisgewing weens volgehoue opwekkingsvermoë en voldoende noodreserwes. Dié mylpaal van 33 opeenvolgende dae sonder beurtkrag is iets wat die kragvoorsiener laas in April 2022 kon regkry. Altesaam drie-duisend-300 megawatt sal na verwagting vandag herstel word. Eskom sê Die Operasionele Opwekkingsherstelprogram het gelei tot noemenswaardige prestasies, insluitend ‘n vermindering in die uitskakeling van eenhede en onbeplande kragverliese.
# Die Palestynse president Mahmoud Abbas sê hy glo die VSA is die enigste land wat ‘n Israelse inval in Rafah kan keer. Bemiddelaars is onder druk om ‘n wapenstilstand in Gaza te verseker, te midde van vrese vir ‘n dreigende inval in Rafah, waar meer as ‘n miljoen mense skuil. Israel se ministerie van Buitelandse Sake sê hy kan slegs die inval laat vaar as daar ‘n gyselaarsooreenkoms is. Abbas sê ‘n aanval op Rafah sal ‘n ramp wees want die Palestynse bevolking sal uit die Gaza-strook moet vlug.
# Krieket: Die Leeus het met sewe paaltjies op die Wanderers in Johannesburg oor die Dolphins geseëvier om as die KSA T20-uitdaagkampioen gekroon te word. Jason Smith het ‘n 50-tal aangeteken en die Dolphins is tot 165 vir agt beperk met Codi Yusuf en Bjorn Fortuin wat elk twee paaltjies geneem het. Reeza Hendricks het geantwoord met ‘n onoorwonne 73 en Wiaan Mulder het ‘n onoorwonne 55 gemoker en die Leeus se ‘n oorwinning verseker.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-81-sent teen die dollar, 20-rand-15-sent teen die euro en 23-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-167-dollar-13-sent. Die prys van goud is twee-duisend-329-dollar-20-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-35-sent per vat.
# En om mee af te sluit: Die uitvoerende hoof van die Gautrein-bestuursagentskap, Thsepo Kgobe, sê hulle gaan ‘n produk skep wat spesifiek gemik is op mense met gestremdhede, met ‘n herverbintenis tot die verbetering van die stelsel om universele toeganklikheid te verseker. Die woordvoerder van Gautrein, Albi Modise, sê die Suid-Afrikaanse Gidshondvereniging verskaf mobiliteits- en oriënteringsopleiding op die stelsel vir siggestremde studente wat kieries gebruik:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….