Nuus 13:00
BULLETIN 28 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK party word van die massa-vervalsing van handtekeninge beskuldig
# Hoop vlam op dat Israel sy inval in Rafah kan opskort
# En, krieket: Tristan Stubbs van SA blink uit vir die Delhi Capitals in die IPL
# Die voormalige president, Jacob Zuma, se MK-party word beskuldig van die grootskaalse vervalsing van handtekeninge om vir die verkiesing te kwalifiseer. City Press berig die bewerings deur ‘n voormalige senior amptenaar van die party is verlede week by die Wes-Kaapse polisie ingedien. Lennox Ntsodo sê hy het ‘n span aangestel vir die massa-vervalsing van handtekeninge nadat die Verkiesingskommissie die MK-party se aanvanklike registrasie-aansoek verwerp het. Hulle het na bewering op bedrieglike wyse mense se name, identiteits- en telefoonnommers van die Kaapse Metro-raad-werksoekers verkry.
Die Vryheidsfront Plus se premierskandidaat in Gauteng, Jaco Mulder, sê intussen hulle sal stabiliteit in die provinsie bewerkstellig. Mulder sê die VF Plus het hom reeds bewys as ‘n betroubare koalisievennoot. Hy voeg by Gauteng mag die kleinste provinsie wees, maar dit is die mees digbevolkte een en bevat die land se drie grootste metro’s; Johannesburg, Tshwane en Ekurhuleni:
En COPE sê Suid-Afrika se maatskaplike en ekonomiese uitdagings soos armoede, werkloosheid en ongelykheid, kan nie op ‘n ontoereikende Grondwet geblameer word nie. Die waarnemende sekretaris-generaal, Erick Mohlapamaswi, sê dit is die gevolg van leierskapsmislukkings, tesame met ‘n gebrek aan integriteit en ‘n regering wat nie aanspreeklik en deursigtig is nie. Mohlapamaswi sê die Grondwet is inherent transformerend en bedoel om die lewens van alle Suid-Afrikaners te verbeter:
# Israel se minister van Buitelandse Sake, Israel Katz, sê ‘n beplande aanval op Rafah in Gaza kan opgehef word as ‘n ooreenkoms bereik kan word vir die vrylating van Israelse gyselaars wat deur Hamas gevange gehou word. Internasionale bemiddelaars beywer hulle vir ‘n skietstakingstakings-ooreenkoms in die ses maande van gevegte in Gaza, en die vryalting van Israelse gyselaars. Katz benadruk die gyselaars is hulle eerste prioriteit. Hy het bevestig ‘n beplande opeasie om Hamas-bataljonne in Rafah uit te wis kan opgeskort word sou ‘n ooreenkoms bereik word.
# Laastens, krieket: Tristan Stubbs van Suid-Afrika het sy uitstekende vertoning voortgesit met die Delhi Capitals wat die Mumbai Indians met tien lopies in die Indiese Premierliga geklop het. Stubbs het ‘n onoorwonne 48 van 25 balle aangeteken nadat Jack Fraser-McGurk van Australië 84 van 27 balle gemoker het om Delhi se telling tot 257 vir vier op te stoot. Delhi het voor sy tuisskare hulle beste telling ooit in ‘n T20-toernooi behaal, ‘n dag na Punjab Kings suksesvol ‘n rekord-lopie-telling van 262 gejaag het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….