Nuus 11:00
BULLETIN 27 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party skop vyf skurke uit sy geledere
# Gauteng se Gesondheid en Welstandsdepartement verwelkom vonnisoplegging in die aanval op sy nooddienspersoneel
# En, tennis: Alcaraz en Sabalenka slaan albei suksesvol in Madrid af
# Die MK-party se nasionale leierskap het besluit om vyf van sy leiers uit te skop terwyl hy voortgaan om die party skoon te maak. Onder hulle is Jabulani Khumalo. Die voormalige president Jacob Zuma het Khumalo vroeër gevra om die party namens hom te registreer. Die ander is Ray Khumalo, Bheki Manzini, Lebo Moepeng en Rochelle Davidson, ook bekend as Gogo Mahlalaentabeni. Die MK-party se woordvoerder, Mhlamulo Ndhlela, sê die nasionale leierskap sal altyd optree en besluite neem in die belang van alle patriotiese Suid-Afrikaners wat verandering wil sien.
# Gauteng se LUR vir Gesondheid en Welstand, Nomantu Nkomo-Ralehoko het die vonnis van 15 jaar verwelkom wat atome Tumi Sepesu opgelê is vir die roof en kaping van nooddienspersoneel. Ondanks die skuldigbevinding is drie verdagtes steeds op vrye voet. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê onlangse aanvalle beklemtoon die voortdurende risiko’s vir gesondheidsorgwerkers, en dit moet ‘n wekroep wees tot gemeenskapswaaksaamheid:
# Die Stad Kaapstad sê hulle het 18,5-miljard-rand vir water en sanitasie begroot in die 2024/25-boekjaar. ‘n Bedrag van 5,3-miljard-rand is vir kapitaalprojekte begroot, terwyl 13,2- miljard-rand vir operasies geoormerk is. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê sleutelprioriteite sluit in die bou van ‘n waterveilige toekoms, die lewering van skoon, volhoubare drinkwater, beter en waardige sanitasiedienste, die vermindering van rioolstortings en die verbetering van afvalwater-suiweringsaanlegte in informele nedersettings, asook die verskaffing van nuwe krane en toilette.
# Tennis: Die verdedigende Madrid Ope-kampioene, Carlos Alcaraz en Aryna Sabalenka, het hulle onderskeie openingswedstryde in die Spaanse hoofstad gewen. Alcaraz, wat vir ‘n maand uit die spel was met ‘n voorarmbesering, het die verdediging van sy titel in sy geboorteland met ‘n oortuigende 6-2, 6-1 teen Alexander Shevchenko van Khazakstan begin. Sabalenka van Belarus het ‘n spannende stryd teen Magda Linette van Pole met 6-4, 3-6, 6-3 oorleef. Alcaraz het die kroon die afgelope twee jaar in Madrid gedra.
# En, die uitvoerende hoof van die Pan Suid-Afrikaanse Taalraad, Lance Schultz, sê Vryheidsdag bied ‘n unieke geleentheid om taaldiversiteit te vier en te besin oor hoe Suid-Afrikaners elkeen kan bydra tot die grondwetlike demokrasie. Een manier is om kampvegters vir taalregte te word en die gebruik van hulle tale te bevorder. Schultz sê taal speel ‘n onontbeerlike rol in die vorming van maatskaplike, politieke en kulturele diversiteit:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….