Nuus 09:00
BULLETIN 27 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA-leier onthul ‘n plan op Vryheidsdag om Suid-Afrika van werkloosheid te red
# ActionSA se leier herdenk Vryheidsdag in Orange Farm
# En, krieket: Die Punjab Kings verbeter Suid-Afrika se T20-rekord
# Die DA-leier John Steenhuisen sê met Suid-Afrikaners wat vandag byeenkom om Vryheidsdag te vier, sal hy die Red Suid-Afrika-toer na eThekwini bring. Steenhuisen sê hy gaan besonderhede verstrek oor die die party se belofte om ware ekonomiese vryheid aan elke Suid-Afirkaner onder ‘n nuwe DA-geleide nasonale regering te lewer. Terwyl nog miljoene Suid-Afrikaners hulle by die werkloosheidsry aansluit, gaan die party wys hoe Red Suid-Afrika die land van verlammende werkloosheid gaan verlos. By die geleentheid sal die nuwe DA televisie-advertensie, bekend as Pathway to Victory ook bekendgestel word.
ActionSA se leier, Herman Mashaba, en sy Gautengse premier-kandidaat, Funzi Ngobeni, lei vandag dié party se Vryheidsdagvieringe in Orange Farm, Johannesburg. Mashaba sê na 30 jaar van demokrasie het die land nog nie ware vryheid behaal nie, want talle mense is steeds vasgevang in ‘n armoedesiklus met misdaad wat buite beheer is. Hy sê dié jaar het Suid-Afrikaners die kans om die verrotting om te keer deur die regerende party in die komende verkiesing uit die kussings te lig.
En, die vakbond Giwusa sê die werkersklas is 30 jaar na die einde van apartheid steeds in kettings. Die vakbond erken die geskiedkundige oorwinning oor apartheid, maar veroordeel die voortdurende sosio-ekonomiese krisisse van die werkersklas. Dit sluit in armoede, werkloosheid en onvoldoende behuising, waarvoor hulle die ANC blameer. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, betreur die gebrek aan werklike alternatiewe onder politieke partye in die komende verkiesing:
# Die ANC-LP Mmamora Mamaregane het die Inkomstediens gevra om mense in te lig oor die belasting-implikasies van die aftreefonds-tweepot-stelsel. Dit volg op die Nasionale Raad van Provinsies se goedkeuring van die Wysigingswetsontwerp op Pensioenfondse, wat die weg baan vir werkers om ‘n gedeelte van hul pensioene in kontant te laat uitbetaal. Die wetsontwerp sal werkers in staat stel om vanaf 1 September ‘n derde van hul pensioene op dié wyse te benut:
# En, krieket: Johnny Bairstow het ‘n onoorwonne 100-tal vir Punja Kings gemoker in die suksesvolste lopie-jaagtog in T20-krieket ooit. Hy het Punjab gehelp om Kolkata Knight Riders in die Indiese Premierliga met agt paaltjies te verslaan. Die Engelse ster het nege sesse en agt viere geslaan, 48 balle getrotseer en 108 lopies aangeteken. Dit het Punjab gehelp om Kolkata se 261 vir ses op Eden Gardens verby te steek met nog agt balle oor. Punjab se vertoning het die vorige rekord van Suid-Afrika van 259 teen Wes-Indië op Centurion in 2023 oortref.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….