Nuus 17:00
BULLETIN 26 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Impala Platinum Holdings begin met raadpleging oor personeelvermindering
# Eskom kondig ‘n Mei-energiebesparingsveldtog aan
# En rugby, ‘n dubbele beseringsterugslag tref die Leeus
# Impala Platinum het die aanvang van ‘n raadplegings-proses vir personeelvermindering by sy Suid-Afrikaanse bedrywighede aangekondig, waarin byna 4-duisend poste geraak kan word. Die uitvoerende hoof, Nico Muller, noem die dalende platinumgroep-metaalpryse en aanhoudende inflasionêre druk as die sleutelfaktore wat winsgewendheid beïnvloed. Finansiële uitdagings duur ten spyte van vorige kostebesparingspogings voort, wat maatreëls noodsaak om bedryfsdoeltreffendheid optimaal te laat werk. Die toekomstige werksekerheid van die hele arbeidsmag bly onseker te midde van wêreldwye ekonomiese onsekerheid en geopolitiese spanning.
# Die uitvoerende hoof van Eskom, Dan Marokane, het bevestig dat ‘n energiebesparingsveldtog in Mei gevoer sal word om elektrisiteitsopwekking vir die winter te versterk. Tydens ‘n media-inligtingsessie oor die stand van Eskom se kragstelsel- en -netwerk en die vooruitsigte vir die winter, het Marokane benadruk gesamentlike pogings is aan die gang om beurtkrag te beëindig. Hy sê, Suid-Afrika sal indien nodig, slegs Fase 2-beurtkrag in die gesig staar dié winter, aangesien Eskom ‘n 1,3-gigawatt-vermindering in onbeplande verliese voorsien, en werk aan 382-megawatt-vraagbestuur-inisiatiewe:
# Die Departement van Water en Sanitasie sê wateroordrag sal aangevul word om enige tekorte te voorkom wanneer die Lesotho-Hoogland-watertonnel vir instandhouding gesluit word. Die direkteur-generaal, Sean Phillips, sê proaktiewe maatreëls, insluitend risiko-ontleding in Mei, sal van toepassing wees om bestendige watervoorsiening vir die 2024/2025-boekjaar te verseker. Hy sê huishoudelike verbruikers sal nie noemenswaardig geraak word nie, terwyl gelisensieerde besproeiers langs die Liebenbergsvleirivier kennisgewings van wateronttrekkingsbeperkings sal ontvang:
# Die Europese Unie het aangekondig hy gee ‘n bykomende 1,4-miljard-rand om broodnodige hulp aan Palestyne in Gaza te verskaf. Die gebied is verwoes deur Israeliese bomaanvalle en grondoperasies na ‘n aanval deur Hamas meer as ses maande gelede. Die burgerlike bevolking van twee-miljoen mense het dringend humanitêre hulp nodig om te oorleef.
# Rugby: Twee beserings bring ‘n dubbele terugslag vir die Leeus voor hul Verenigde Rugby Kampioenskapskragmeting môre teen die verdedigende kampioen, Munster. Die senter, Henco van Wyk, en die heelagter, Quan Horn, is weens beserings nie beskikbaar nie. Die losskakel Jordan Hendrikse sal sy 50ste wedstryd egter as heelagter speel, met Sanele Nohamba wat op losskakel bly. Die Leeus veg vir ’n plek onder die top-agt en die skopafrigter Morné Steyn sê dis soos uitkloprugby:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-81-sent teen die dollar, 20-rand-15-sent teen die euro en 23-rand-52-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-870-dollar-82-sent. Die prys van goud is twee-duisend-341-dollar-84-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 88-dollar-44-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….