Nuus 07:00
BULLETIN 24 April 7 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die DA is skepties oor Eskom se energiebeskikbaarheid
# Die VN se Menseregtekantoor is bekommerd oor die ontdekking massagrafte in Gaza
# En rugby: ‘n Nuwe breinverkoeling-behandeling word getoets vir harsingskudding
# Die DA waarsku oor ‘n moontlike verkiesingskandaal met die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, en die Eskom-raadsvoorsitter, Mteto Nyati, wat nie reageer op kommer oor beurtkragdeursigtigheid nie. Hulle beweer Eskom gebruik steeds oopsiklus-gasturbines en ‘n gebrek aan duidelikheid oor dieselverkryging wek agterdog oor begrotingswanbestuur. Die party hou vol as beurtkrag terug is na die verkiesing, sal dit ‘n skandaal wees. Samantha Graham-Maré van die party vra ‘n verandering van regering om die sektor se uitdagings te hanteer:
# RISE Mzansi se Wes-Kaapse premierskandidaat, Axolile Notywala, sê hulle wil die sigbare en onsigbare gapings in die provinsie oorbrug indien hulle aan bewind kom. Hy het gister die party se plan vir ‘n veilige, gelyke, vooruitstrewende en verenigde provinsie tydens ʼn gemeenskapsvergadering in Khayelitsha uiteengesit. Hy sê die provinsie se mense verdien nuwe leiers wat sal seker maak almal het toegang tot dieselfde regte en geleenthede. Notywala sê die missie is om dit wat die DA en ANC onderhou, af te breek.
# Die vakbond Solidariteit verwelkom president Cyril Ramaphosa en die minister van Handel en Nywerheid Ebrahim Patel se houding oor inklusiewe eienaarskapprogramme vir werknemeraandele. Hy beklemtoon die behoefte aan programme wat tot alle werknemers se voordeel is, wat witmense insluit, om gelykheid en samehorigheid te bevorder. Solidariteit loof maatskappye soos Coca-Cola vir hulle kleurblinde programme. Hy glo die regering kon geskille soos die een by Sasol in 2018, vermy het as dit vroeër ingestel is. Werkgewers word aangemoedig om die programme in te stel volgens die voorgestelde goeiepraktyk-kode.
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik se inisiatief, JoburgCAN, verwerp die Stad Johannesburg se konsepbegroting vir 2024/2025, en sê dis onbekostigbaar, onaanvaarbaar en onregmatig. Hy sê die begroting is nie in ooreenstemming met die wet nie en spreek nie die behoeftes van ʼn stad waar dienste ineenstort, voldoende aan nie. JoburgCAN se bestuurder, Julia Fish, sê dis kommerwekkend dat die stad 8,5-miljard se water verkoop, maar 2,9-miljard-rand se waterverliese ly:
# Die Verenigde Nasies se Menseregtekantoor sê berigte van massagrafte met honderde liggame by twee van Gaza se grootste hospitale, wek nuwe kommer oor moontlike oorlogsmisdade. Palestynse amptenare sê 310 liggame is die afgelope week gevind – 35 hiervan gister. Die VN-hoëkommissaris vir Menseregte se woordvoerder, Ravina Shamdasani, sê die doelbewuste moord op burgerlikes en aangehoudenes is ʼn oorlogsmisdaad:
# Rugby: Die spel toets op die oomblik ‘n breinafkoel-behandeling vir harsingskudding wat met rugby verband hou. Dit is die eerste akute behandeling wat langs die veld gedoen kan word. Ses klubs in die Verenigde Rugby Kampioenskap, wat Edinburgh insluit, gebruik tans die sogenaamde PolarCap. Dit koel die kop en nek af binne 45 minute tot ‘n uur nadat die speler harsingskudding opgedoen het. BBC Sport berig Edinburgh se spandokter, Michael Dunlop, sê die metaboliese wanfunksie wat deur harsingskudding veroorsaak word, is erger teen ‘n hoër liggaamstemperatuur.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-8-sent teen die dollar, 20-rand-44-sent teen die euro en 23-rand-78-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-591-dollar-72-sent. Die prys van goud is twee-duisend-320-dollar-64-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 88-dollar-35-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….