Nuus 17:00
BULLETIN 22 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Kragonderbreking tref gesondheidsgeriewe, waaronder drie groot hospitale, in Johannesburg
# Die ANC hou vol met intellektuele eiendomsregte, maar is nie gekant teen Zuma se party nie
# En, rugby: Die datums vir die Bokke se jaareind-toer word bevestig
# ‘n Kragonderbreking in die Johannesburgse middestad het verskeie groot hopitale geraak – die Charlotte Maxeke Johannesburgse Akademiese Hospitaal, die Nelson Mandela-kinderhospitaal, Parklane-hospitaal, die Brenthurst-kliniek en die Randse Kliniek. Verbruikers in Berea, Hillbrow, Parktown en omliggende gebiede is ook getref. City Power skryf die onderbreking toe aan ‘n uitgebrande toevoerbord by die Ridge-substasie. Intussen is duisende inwoners van die ooste van Tshwane sedert verlede Woensdag sonder krag na ‘n brand by die Mooikloof-substasie. Die stad hoop om teen Woensdagaand die toevoer te herstel.
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party glo in ‘n vrye en regverdige verkiesing en is nie gekant teen die teenwoordigheid van oudpresident Jacob Zuma se MK-party op die stembrief nie. Mbalula het op ‘n nuuskonferensie aangedui die regerende party beoog om te appelleer teen ‘n uitspraak van die Hooggeregshof in Durban, wat die MK-party toelaat om die naam en die embleem te gebruik. Volgens Mbalula verwelkom die ANC nuwe toetreders, maar hy sal nie die toeëiening van sy bates duld nie:
# ‘n Franse parlementêre kommissie het begin met die ondersoek van ‘n omstrede wetsontwerp op die reg om te sterf, wat volgende maand aan die volle Nasionale Vergadering voorgelê sal word. President Emmanuel Macron ondersteun die idee. Hy dring wel aan alle magtiging om die dood te kies, moet beperk word tot mense met ongeneeslike siektes en intense fisiese of sielkundige pyn. Daar word wyd na die wetsontwerp verwys as die fokus op die “einde van die lewe” of “hulp om te sterf” in die Franse debat, eerder as “ondersteunde selfdood” of “genadedood”.
# Rugby: Die Springbokke kom te staan teen hulle Wêreldbekerteenstanders Skotland en Engeland, voor hulle Wallis pak aan die einde van hulle jaareind-toer in November. Die laaste toetse is vandag bevestig. Die toer skop op Sondag 10 November in Edinburgh af teen Skotland, wat sesde op die ranglys is. Ses dae later kom hulle te staan teen Engeland, wat hulle in die halfeindronde geklop het. Hulle pak die Engelse, wat tans vyfde op die ranglys is, op Twickenham in Londen. Die toer eindig op 23 November teen nommer tien, Wallis, in Cardiff.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-18-sent teen die dollar, 20-rand-39-sent teen die euro en 23-rand-60-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-244-dollar-83-sent. Die prys van goud is twee-duisend-340-dollar-14-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-93-sent per vat.
# En, die Afrika-kinderspitsberaad, onderskryf deur die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, kom in Augustus in Johannesburg byeen. Die geleentheid sal 500 kinders fisies en virtueel ontvang om maatskaplike uitdagings aan te pak. Verlede jaar se spitsberaad in Nairobi het die weg gebaan vir hierdie Pan-Afrika-konferensie, toegespits op kinderregte en maatskaplike sekerheid. Die adjunkminister van Maatskaplike Ontwikkeling, Hendrietta Bogopane-Zulu, sê die spitsberaad is gemik op die bemagtiging van gestremde kinders:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….