Nuus 08:00
BULLETIN 22 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ANC gaan nog groot kanonne inspan om stemme te werf
# Die DA kap Binnelandse Sake oor stygende regskoste
# En SAFTU veroordeel die Amerikaners se veto teen ‘n Palestynse poging om staatstatus by die VN te verkry
# Die ANC-president Cyril Ramaphosa sê sommige van die party se vorige leiers sal by die verkiesingsveldtog aansluit om Suid-Afrikaners te oortuig om steeds hul vertroue in die regerende party te plaas. Oudpresident Thabo Mbeki, en die voormalige adjunkpresidente David Mabuza en Kgalema Motlanthe, sal ook by die veldtog aansluit. Ramaphosa sê die party verskerp nou sy verkiesingsveldtog en hierdie gewese leiers glo in wat die ANC probeer bereik.
# Binnelandse Sake is onder die loep nadat dit in die Parlement onthul is dat hy oor die afgelope vyf jaar meer as 412-miljoen-rand op regsake bestee het. Dit het opgeskiet van sewe-miljoen-rand in 2018/2019 tot 117-miljoen-rand in 2023/2024. Die woordvoerder oor Binnelandse Sake van die DA, Angel Khanyile, is bekommerd oor die departement se afhanklikheid van privaat regsfirmas en die verdediging van hofsake wat nie betwis behoort te word nie. Sy vra ‘n ondersoek na verkwistende uitgawe:
# Die ActionSA-leier, Herman Mashaba, en die party se Mpumalanga-premierskandidaat, Thoko Mashiane, sal vandag ‘n betoging lei voor die Nasionale Vervolgingsgesag se hoofkwartier in Pretoria. Hulle wil weet hoekom die vervolgings in die Lily Myn-saak vertraag word. In 2016 was drie mynwerkers in ‘n vraghouer ondergronds vasgekeer nadat ‘n sentrale ertskolom ineengestort het. Hulle oorskot is agt jaar later steeds ondergronds. James de Villiers van ActionSA sê die families van die Lily Myn-slagoffers sal ook deelneem:
# Die vakbondfederasie, SAFTU, het Amerika veroordeel nadat hy teen ‘n resolusie van die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad gestem het wat ʼn Palestynse staat sou erken. Twaalf van die raad se vyftien lede was ten gunste daarvan, Amerika was daarteen en twee lande, die Verenigde Koninkryk en Switserland, het buite stemming gebly. Amerika glo toekomstige staatskap moet afhang van die uitkoms van onderhandelings oor alle aspekte van ʼn Midde-Oosterse vredesooreenkoms. SAFTU sê Amerika se veto is nie ʼn verrassing nie, want dit stem ooreen met sy houding teenoor Palestina die afgelope vyf dekades.
# Sokker: Manchester United het ʼn begeesterde terugvegpoging deur Coventry City oorleef deur met strafdoele te wen en nog ʼn FA-beker-eindstryd te haal. Die Reds was in die 70ste minuut met drie-nul voor, maar het laat in die tweede helfte teruggeveg en die wedstryd moes ekstra tyd kry. United het uiteindelik geseëvier ná ʼn strafdoelstryd en met vier-twee gewen. Dit beteken hulle kom weer teen Manchester City te staan in ʼn herhaling van verlede jaar se eindstryd. United se bestuurder, Erik ten Hag, sê dis nie ʼn verleentheid om amper teen ʼn Kampioenskap-span te verloor nie:
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-9-sent teen die dollar, 20-rand-36-sent teen die euro en 23-rand-64-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-274-dollar-45-sent. Die prys van goud is een-duisend-365-dollar-20-sent per fynons en die prys van Brent ruolie 86-dollar-59-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….