Nuus 08:00
BULLETIN 20 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa herhaal oproepe vir selfbeheersing in die Israel-Iran-konflik
# ‘n Egiptiese minister vra die skepping van ‘n Palestynse staat
# En, rugby: Die Bulle verloor hul ander kaptein weens ‘n besering
# President Cyril Ramaphosa het sy stem gevoeg by oproepe op Iran en Israel om hulle te weerhou van eskalerende konflik. Ramaphosa het tydens ‘n verkiesingsveldtog in Inanda, KwaZulu-Natal, met die media gepraat en teen verdiepende konflik en ‘n streekoorlog gewaarsku. Ramaphosa het verwys na vorige waarskuwings oor die Israel-Hamas-oorlog se uitkring-effek. Hy benadruk die uiterste noodsaaklikheid van die versigtige hantering van die Israel-Palestina-konflik om breër Midde-Oosterse geweld te voorkom:
Intussen staan die minister van Buitelandse Sake van Egipte, Sameh Hassan Shoukry, ook die stigting voor van ‘n Palestynse staat. Shoukry het die media in Pretoria toegespreek en die internasionale gemeenskap aangemoedig om te help om die Israel-Palestynse konflik te de-eskaleer. Hy sê die toestand in Gaza is desperaat, met meer as 33-duisend mense wat in Palestina gedood is. Shoukry beklemtoon die behoefte aan meer befonding vir die Verenigde Nasies se hulp-agentskap:
# Die Ministerie van Polisie bied vandag ‘n Misdaadvoorkomings-imbizo aan in Gugulethu, in die Wes-Kaap, om veiligheidskwessies aan te spreek en misdaad te bekamp. Gugulethu is die tuiste van hoë-misdaad-gemeenskappe en is onder die top tien gebiede vir moorde in die provinsie, met vuurwapens as die primêre wapen. Vandag se Imbizo fokus op die aanpak van ernstige en geweldsmisdade en die bevordering van nouer samewerking tussen inwoners en wetstoepassers om polisiereaksie te verbeter.
# Rugby: Die Bulle het hul ander kaptein verloor, met die nuus dat Marcell Coetzee hulle vir die res van die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen nie sal kan aanvoer nie. Hy het ‘n kniebesering opgedoen en moet ‘n operasie ondergaan. Dit volg nadat sy medekaptein, Ruan Nortjé, ‘n dyspierbesering opgedoen het en dus vir nog ‘n paar weke buite aksie sal wees. Die Wêreldbeker-wenner, Marco van Staden, herstel ook nog van ‘n kniebesering, terwyl die losvoorspeler, Jannes Kirsten, nie vir die span kon speel vandat hy by Exeter Chiefs aangesluit het nie.
# En, laastens: motoriste word gewaarsku oor die sluiting van die R21 in Gauteng in beide die suidelike en noordelike rigtings hierdie naweek vanaf Nelmapiusrylaan tot by Olifantsfontein. Eskom sal noodsaaklike instandhoudingswerk doen, nuwe oorhoofse transmissiekraglyne installeer sowel as ‘n geleier wat elektrisiteit aan die gebied verskaf. Die tye wanneer die pad gesluit sal wees is vanoggend vanaf 6-uur tot 6-uur vanaand en môre-oggend vanaf 6-uur tot 12-uur môremiddag. Motoriste sal herlei word via die M57-ompad.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….