Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 19 April 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig die voorsitter van die Verkiesingskommissie, Mosotho Moepya sê die kommissie se besluit om die Konstitusionele Hof te nader om te appelleer teen ‘n vroeëre bevel van die Verkiesingshof is nie ‘n aanval teen die uMkhonto weSizwe-party of oudpresident Jacob Zuma nie.
# En Mail & Guardian op Vrydae:
Gee vandag sy dagga-uitgawe uit. Die koerant skryf oor die verbouing van hemp, die verkope van dagga en die wetgewing daaroor wat sloer.
GAUTENG:
# Beeld:
Berig die Gautengse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het liefdadigheidsorganisasies wat nog nie fondse ontvang het nie, belowe hulle sal teen die einde van die maand betaling ontvang.
En tweedens skryf die koerant oor die gedenkdiens van die onderwyser en rugby-afrigter van die Hoërskool Brits, Morné Badenhorst wat vroeër in ‘n motorongeluk dood is.
# The Star en Pretoria News:
Skryf volgens ‘n opname deur African Innovation Research gaan die die ANC en DA steun verloor tydens die verkiesing met die MK-party en EFF wat gaan groei.
En tweedens word berig ‘n afgetrede brigadier-generaal van die SANW, Mendis Eddy Mondlane is op borgtog vrygelaat nadat hy in verband met beweerde tenderbedrog van twee-miljoen-rand verskyn het.
# And Sowetan:
Berig oor die moord op ‘n tiener van Diepsloot, Unathi Mdutyana. Haar ma het op haar liggaam in die straat afgekom toe sy van nagskof teruggekeer het.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Staan sy hele voorblad af aan die vonnisverrigtinge van Rudi Gericke wat skuldig bevind is aan die moord op die 28-jarige boer van Ficksburg, Evan Sorour.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Berig die man wat na bewering sersant Adrian Mahoney doodgeskiet het toe die polisie gereageer het op ‘n klagte in Mamre, is deur die polisie doodgeskiet. Justin Pick het gevlug en geweier om homself aan die polisie oor te gee.
Dan skryf die koerant ‘n slangvanger van Montagu, Gerrie Heyns sê dis nie vreemd om 10 slange in twee dae in die gebied te vang nie.
En laastens word berig diewe se planne om ‘n gesteelde motorfiets in stukke oor die grens te smokkel is deur die polisie in Gqeberha gefnuik.
# En Cape Times:
Skryf ook oor Justin Pick wat deur die polisie doodgeskiet is.
En berig daar bestaan kommer dat Al-Qaeda en Boko Haram plaaslike liefdadigheidsorganisasies kan uitbuit.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig die polisie het tydens ‘n klopjag op spaza-winkels in Nelson Mandelabaai beslag gelê op kosprodukte wat verval het, daar is bewyse gevind van onwettige elektrisiteitsverkope en onwettige immigrante is in hegtenis geneem.
En tweedens skryf die koerant ‘n hofaansoek is ingedien om die president van die OP-rugbyunie, Gerald Antonie en sy adjunk, Roger Serfontein, uit hul amp te verwyder.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf talle hotelle in Durban word gedwing om hul deure te sluit as gevolg van die hoë misdaadvlakke.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Berig NamWater het besluit om sy watertoevoer aan die hoofstad Windhoek met 35-persent te verminder.
En skryf staatshoofde, ministers en tot 700 afgevaardigdes word in Namibië verwag vir die Globale Afrika-waterstofberaad.