Nuus 09:00
BULLETIN 18 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die UDM sê Suid-Afrika moet beter beplan vir natuurrampe
# Die VF Plus sê die ANC se swak bestuur het gelei tot ‘n sluiting van hospitaalteaters
# En aanlyn video-stroming dreig om die rolprentteaterbedryf dood te maak
# Die UDM sê die regering moet dringend volledige rampgereedheids- en bestuursplanne opstel en Suid-Afrikaners beter voorberei vir die gevolge van natuurrampe. Vyf mense is vroeër die week weens swaar reën in Margate in KwaZulu-Natal dood. Die sekretaris-generaal van die UDM, Yongama Zigebe, sê die regering moet meer geld in infrastruktuur belê om die toenemende bedreiging van uiterste weerverskynsels weens klimaatsverandering te weerstaan:
# Die Vryheidsfront Plus sê meer as 500 pasiënte van die Leratong-hospitaal kon weens die swak finansiële bestuur van Gauteng se Departement van Gesondheid nie noodsaaklike operasies ondergaan nie. Die agt teatereenhede in die hospitaal is buite werking nadat ‘n ontevrede verskaffer die werking van die lugversorgingstelsel elektronies beperk het. Dit het tot die sluiting van teaters gelei. Die VF Plus sê die departement het verlede jaar onderneem om goedgekeurde diensverskaffers binne ‘n maand te betaal, maar doen dit nie.
# Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se brandweerdiens het die brand in die Du Toitskloof-pas bedwing. Die brand het gistermiddag weg van die N1 tot in die hange hoog teen die berg gebrand. Die munisipaliteit se woordvoerder, Jo-Anne Otto, sê brandbestryders sal kyk dat die brand nie opvlam nie:
# Tennis: Die 22-malige Grand Slam-kampioen, Rafael Nadal, is bemoedig deur sy spel in die Barcelona Ope. Die 12-malige kampioen het in die tweede ronde met 7-5 en 6-1 teen die wêreld-nommer-elf van Australië, Alex de Minaur, verloor. Dit was die Spanjaard se eerste toernooi nadat hy weens ‘n besering drie maande buite aksie was. Stefanos Tsitsipas van Griekeland het die Oostenryker Sebastian Ofner in die ronde van 32 in Spanje met 6-4 en 7-5 geklop. Nadal sê hy is tevrede dat hy nog kan meeding:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-99X-sent teen die dollar,20-rand-28-sent teen die euro en 23-rand-69-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 61-duisend-692-dollar-11-sent. Die prys van goud is twee-duisend-375-dollar per fynons en die prys van Brent ruolie 87-dollar-45-sent per vat.
# En ter afsluiting, Ster-Kinekor se planne om nege rolprent-teaters te sluit word deels toegeskryf aan die groei van aanlyn video-stroming. Die rolprent-teatergroep hersien ook verskeie ander teaters en sal van honderde werkers ontslae raak. Die groep sê daar is ‘n geweldige afname in fliekgangers. Dit is ook die gevolg van ‘n uitdagende ekonomiese omgewing, beurtkrag en die uitwerking van die Hollywood-akteurs en skrywerstaking. Dit het veroorsaak dat inhoud wat verlede jaar en vanjaar vrygestel sou word, nou eers in 2025 die lig sal sien.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….