Nuus 17:00
BULLETIN 17 April 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# PetroSA beoog gas-invoere uit Mosambiek met tekorte wat dreig
# BOSA eis openbare toegang tot die seksuele oortreders-register in skole
# En, sokker: Arsenal veg om die eerste keer in 15 jaar die halfeindronde van die Kampioeneliga te bereik
# PetroSA verwag later vanjaar die eerste gas-invloei uit ‘n ooreenkoms met Mosambiek se nasionale energie-maatskappy, ENH, om moontlike gastekorte teen te werk. Die staatsmaatskappy het in Maart ‘n gas-handelslisensie verkry en beplan om twee petajoules in te voer, wat kan toeneem tot 200-petajoules. Die ooreenkoms sal aan nywerheidsverbruikers soos ArcelorMittal voorsien, met Sasol se gasvelde in Mosambiek wat uitgeput raak. Onderhandelings duur voort vir gasvervoer-ooreenkomste met Sasol en Rompco.
# Die DA het sy verkiesings-veldtoglied, We Gotta Rescue South Africa, amptelik bekendgestel. Die leier, John Steenhuisen, sê dit weerspieël die party se toewyding tot wat hulle ‘n kritieke reddingsending in die verkiesing noem. Belangrike metropolitaanse gebiede sal landwyd besoek word met ‘n boodskap van hoop. Die lied is die werk van die musieklegende Lloyd Cele, en is in Kaapstad bekendgestel tydens ‘n saamtrek op die party se reddingstoer:
# Build One South Africa eis die openbare bekendmaking van die seksuele oortreders-register by alle skole om te verseker oortreders is nie onderwysers nie. Partyleier Mmusi Maimane het ‘n betoging by die Noord-Kaapse Onderwysdepartement in Kimberley gelei om ouers te ondersteun wat aandring op optrede teen onderwysers en skoolhoofde wat van seksuele aanranding beskuldig word. Die party meen die epidemie van seksuele misbruik van kinders word verder aangeblaas omdat die departement se reaksie onvoldoende is. Die woordvoerder, Roger Solomons, dring aan op polisieklaring vir alle personeellede.
# Die DA sê die Wes-Kaapse regering beplan om hom te beroep op Afdeling 139 van die Grondwet om in te gryp in die Knysna-munisipaliteit weens diensleweringsmislukkings. Die party se hoof van kiesafdelings, Dion George, sê Knysna sit met ‘n krisis met afvalverwydering, omgewingsbestuur en finansiële bestendigheid. Hy vra vinnige optrede en waarsku teen moontlike administrasie en ‘n plaaslike verkiesing as die raad nie teen Dinsdag reageer nie en die diensleweringskrisis onopgelos laat:
# Sokker: Manchester City verwelkom Real Madrid vanaand vir die tweede ronde van hulle Kampioeneliga-kwarteindstryd, nadat die eerste ronde drie-elk geëindig het. Bayern Munich ontvang Arsenal in Duitsland vir die laaste ronde, met die stand twee-elk. Arsenal se bestuurder, Mikel Arteta, sê hulle veg om die eerste keer in 15 jaar die halfeindronde te haal:
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-98-sent teen die dollar, 20-rand-20-sent teen die euro en 23-rand-65-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-185-dollar-95-sent. Die prys van goud is twee-duisend-386-dollar-47-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 88-dollar-64-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….