Nuus 18:00
BULLETIN 16 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Stygende oliepryse is onlosmaakbaar deel van Suid-Afrika se inflasie-vooruitsig
# KwaZulu-Natal sal die meeste stemlokale hê
# En, rugby: JD Schickerling keer ook terug na die Stormers
# Ekonome waarsku stygende oliepryse is onlosmaakbaar deel van Suid-Afrika se inflasie-vooruitsig, wat aansienlike uitdagings inhou vir die land se ekonomiese bestendigheid. Ondanks die sentrale bank se onlangse gerusstellings, sê Kim Silberman van Matrix-fondsbestuurders die stygende oliekoste het ‘n aansienlike uitwerking. Dit raak nie net brandstofuitgawes regstreeks nie, maar beïnvloed ook verskeie sektore en verhoog vervoer- en produksiekoste. Dit laat verbruikerspryse styg, maak inflasiedruk groter en beperk die sentrale bank se vermoë om ekonomiese groei te stimuleer deur rentekoersaanpassings.
# Die Verkiesingskommissie sê KwaZulu-Natal sal in die komende verkiesing die grootste aantal stemlokale hê, naamlik vier-duisend-974 van die meer as 23-duisend landwyd. Die Oos-Kaap en Limpopo sal onderskeidelik vier-duisend-868 en drie-duisend-216 lokale hê. Spesiale stemaansoeke, wat daarop gemik is om kiesers te help wat nie op verkiesingsdag ‘n stemlokaal kan besoek nie, bly oop tot 3 Mei. Die hoofverkiesingsbeampte, Sy Mamabolo, het reisigers op ‘n nuuskonferensie daaraan herinner om die kommissie teen 22 April van hul voorgenome stemplek in kennis te stel:
Intussen waarsku die Verkiesingskommissie teen talle merke op hulle stembriewe, en beklemtoon dit sal nie getel word nie. Kiesers word aangeraai om elk van die drie stembriewe te hersien en versigtig te merk. Die produksie van die universele stembrieftemplaat, wat ook voorsiening maak vir siggestremdes en diegene met motoriese probleme, is aan die gang. Mamabolo sê meer as 95-persent van die logistieke voorraad vir 29 Mei is gereed:
# Nigerië se herhalende kragtekorte duur voort en sy netwerk het die vyfde keer vanjaar in duie gestort. Die staatsbeheerde elektrisiteitsvervaardiger, Transmission Company of Nigeria, het gister ‘n brand by een van sy kragstasies aangemeld wat wydverspreide kragonderbrekings veroorsaak het. Die kragtoevoer is gedeeltelik herstel maar frustrasies op sosiale media hoop op. Ten spyte van ‘n onlangse tariefverhoging van 230-persent vir ryker verbruikers, wat daarop gemik is om subsidies met meer as 49-miljard-rand te verminder, verdedig die elektrisiteitsreguleerder die skuif as noodsaaklik vir netwerkbestendigheid en om beleggings te lok. Gastekorte en opsetlike beskadiging vererger ineenstortings.
# Rugby: Die slot JD Schickerling gaan nou ook terugkeer Kaap toe nadat hy ‘n ooreenkoms van drie jaar met die Stormers onderteken het. Die 28-jarige het in 2016 vir die Stormers begin speel en 40 keer vir hulle uitgedraf voordat hy in 2021 na Japan is. Die indrukwekkende Shickerling sal die slotgroep versterk wanneer hy in Julie terugkeer. Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson, sê die ondertekening is nog ‘n hupstoot vir sy groep, veral vanweë Schickerling se spelvernuf en rugbywortels in die streek.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand teen die dollar, 20-rand-22-sent teen die euro en 23-rand-67-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-816-dollar-13-sent. Die prys van goud is twee-duisend-366-dollar-88-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-62-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….