Nuus 18:00
BULLETIN 15 April 6 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Vermoorde KwaZulu-Natalse dominee se man neem sy eie lewe in die tronk
# AfriForum oorhandig ‘n versoekskrif om die BELA-wetsontwerp te keer
# En, atletiek: ‘n Jong Litouer verbeter ‘n werpskryf-wêreldrekord wat opgestel is lank voor hy gebore is
# Korrektiewe Dienste het die dood bevestig van ‘n man van KwaZulu-Natal wat beskuldig word van die moord op sy vrou, die predikant van Amanzimtoti, Liezel de Jager. Werner de Jager het vermoedelik met ‘n oordosis sy eie lewe geneem in die Westville-tronk, maar die departement het net gesê hy is na ‘n Durbanse hospitaal geneem weens mediese komplikasies. Hulle is vroeër vandag van sy dood in kennis gestel. Liezel de Jager is in Oktober 2021 by die egpaar se huis vermoor. Haar man is in November verlede jaar in hegtenis geneem en aangekla.
# AfriForum Jeug het by die Uniegebou in Pretoria ‘n versoekskrif aan die Presidensie oorhandig om die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette teen te staan. Die woordvoerder, Louis Boshoff, voer aan die BELA-wetsontwerp is ‘n bedreiging vir Afrikaanse onderrig. Boshoff beklemtoon klousules wat skooltaalbeleid en ouerlike onderrig-regte beperk, en waarsku oor kulturele etniese suiwering indien dit aanvaar word:
# Die Kongres van Tradisionele Leiers het aangekondig inlywingskole sal nie voor die verkiesing op 29 Mei bedryf word nie. Die president van CONTRALESA, Kgoshi Lameck Mokoena, sê kandidate sal tyd kry om te stem nadat geen voorsiening vir hulle gemaak is nie. Hy voeg by wetstoepassers sal sorg skole bly gesluit. Mokoena moedig ouers aan om permitte te kry vir skole en om andersins nie hulle kinders te stuur nie:
# Donald Trump het by die New Yorkse hofgebou aangekom waar hy die eerste oudpresident in die geskiedenis van die VSA word wat vir ‘n misdaad verhoor word. Dit is ‘n grondverskuiwende oomblik in die reeds plofbare presidents-veldtog. Trump is kort voor die aanvang van jurie-keuring per motorstoet na die hofgebou in Manhattan geneem vanaf sy Trump Tower-woonstelgebou. Die skandaalgeteisterde 77-jarige word beskuldig van die vervalsing van sakerekords in ‘n skema om ‘n beweerde seksuele eskapade met die volwasse rolprent-aktrise, Stormy Daniels, te verdoesel. Dit moes sy 2016-verkiesingsveldtog beskerm teen ‘n debakel.
# Atletiek: ‘n Jong Litouse werpskyf-atleet het ‘n wêreldrekord verbeter wat jare voor sy geboorte opgestel is. Mykolas Alekna het op ‘n byeenkoms in Oklahoma in Amerika ‘n afstand van 74,35-meter behaal. Jurgen Schult van Duitsland het in 1986 die vorige rekord van 74,08-meter opgestel. Alekna se pa, Virgilijus, is nou derde op die lys van beste afstande van alle tye met sy afstand van 73,88-meter in 2000. Die 21-jarige atleet het verlede jaar silwer in die item ingepalm op die wêreldkampioenskap, en die volgende jaar brons.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 19-rand-4-sent teen die dollar, 20-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-72-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-981-dollar-48-sent. Die prys van goud is twee-duisend-338-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-16-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….