Nuus 09:00
BULLETIN 13 April 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die MK-party veroordeel die OVK se besluit om teen Verkiesingshof se beslissing te appelleer
# Vertragings met Padongelukkefondsuitbetalings bedreig gesondheidsorgdienste
# En, swem: ‘n Goeie aand vir Erin Gallagher, Tatjana Smith in die water
# Die MK-party sê die besluit van die Verkiesingskommissie om regstreeks tot die Konstitusionele Hof te appelleer het die onafhanklikheid en integriteit van verkiesings in die gedrang gebring. Die OVK wil die Verkiesingshof se beslissing betwis, wat die voormalige prsident Jacob Zuma se kandidatuur in die verkiesing toelaat. Die MK-woordvoerder Nhlamulo Ndhlela, sê dit is duidelik dat Freedom under Law, die DA en andere, bekend as koloniale en apartheidsprojekte, geslaag het met druk om die Verkiesingskommissie dié besluit te laat neem:
# Die DA beweer slagoffers van verkeersongelukke ondervind groter nood omdat die Padongelukkefonds versuim om hulle gesondheidsorgverskaffer, Hospicare, te betaal. Die DA se nasionale woordvoerder vir Vervoer, Chris Hunsinger, sê Hospicare se onvermoë om rekeninge van 21-miljoen-rand te vereffen, het gelei tot ‘n uitsettingskennisgewing. Hunsinger sê die ernstige finansiële spanning stel pasiëntesorg in gevaar. Hy sê die fondsvertragings duur voort ondanks goedgekeurde betalings:
# Eskom in Gauteng sê ‘n ondersoek is aan die gang om die presiese oorsaak van kraglyne wat laag oor die R21-snelweg tussen die Olifantsfontein- en Nellmapius-afritte in Pretoria gehang het. Eskom se waarnemende woordvoerder, Ntombifuthi Hlophe, sê die kragnutsmaatskappy het die kraglyne wat ‘n gevaar vir pendelaars ingehou het, gister verwyder:
# Die Amerikaanse Senaat se Handelskomitee beplan Woensdag ‘n verhoor oor ‘n verslag oor Boeing se veiligheidskultuur. Die verslag is in Februarie deur ‘n paneel kenners vrygestel en het die kultuur kritiseer en beduidende verbetering gevra. Die Amerikaanse Kongres het die paneel verlede jaar aangestel nadat honderde mense dood is in Boeing 737 MAX ongelukke in Indonesië en Ethiopië. In Januarie vanjaar is die Amerikaanse vervaardiger se probleme vererger toe ‘n vliegtuig se deur tydens ‘n vlug oopgeruk is.
# En, swem: Erin Gallagher het haar tweede nasionale rekord dié week op die voorlaaste aand van die Suid-Afrikaanse Swemkampioenskappe in Gqberha opgestel. Die swemmer van Pretoria het die nasionale titel in die 100-meter vlinderslag in ‘n tyd van 57,32-sekondes afgeblits, en ook onder die Olimpiese kwalifiserende tyd van 57,92-sekondes geëindig. Tatjana Smith het ook die Olimpiese kwalifiserende tyd in die uitdunne en eindstryd van die 100-meter borsslag gehaal. Sy het in een-minuut 5,48-sekondes geswem om die goue medalje te verower, met die kampioen van die Statebondspele, Lara van Niekerk, tweede.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….