Nuus 11:00
BULLETIN 9 April 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu versoek die Inkomstediens om voort te gaan met sy pogings om die onwettige tabakhandel hok te slaan
# Business Leadership SA is bekommerd oor die regering se vermoë om digitale visums vir afstandswerk te laat werk
# En Trump wil hê individuele state moet aborsieregte bepaal
# Cosatu het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens gevra om nie te swig voor onwettige tabakhandel nie. Die Fair-Trade Independent Tobacco Association – wat talle kleiner tabakprodusente verteenwoordig – het in die Hooggeregshof in Pretoria ‘n interdik teen die Inkomstediens aangevra vir die instelling van ‘n nuwe reël oor kameras in pakhuise wat hul grondwetlike reg op privaatheid sou skend. Mathhew Parks van Cosatu sê onwettige tabakhandel is ‘n groot probleem in die land:
# Business Leadership South Africa is bekommerd oor die Departement van Binnelandse Sake se vermoë om visums vir digitale nomades uit te reik. Die visum is gemik op buitelanders wat vir tot drie jaar afstandwerk vanuit Suid-Afrika wil kom doen. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê die regering moet ‘n plan uitwerk om die reuse-agterstand in visum-uitreikings uit te wis en toe te sien al die stelsels en prosesse vir die visums vir digitale nomades is doeltreffend.
# Die EFF in Gauteng sê Corruption Watch se bevindings in sy jongste verslag is kommerwekkend. Volgens die verslag het 71-persent van klagtes oor korrupsie verlede jaar gesamentlik uit die metrorade van Kaapstad, Johannesburg en Tshwane gekom. Die meeste korrupsie-gevalle behels wanadministrasie, bedrog en ongerymdhede in die verkrygingsproses. Dumisani Baleni van die EFF sê dit is veral kommerwekkend dat Johannesburg se hantering van kontrakte met die vullisverwyderaar Pikitup meer as 2,2-miljard-rand se korrupsie insluit:
# Die gewese Amerikaanse president, Donald Trump, sê state moet self oor aborsieregte kan besluit. Talle ondersteuners van die Republikeinse Party wil hê Trump moet ‘n verbod op die beëindiging van swangerskap ná 15 weke verbied. Van die 50 state het 21 aborsies verbied, of die prosedure tussen ses en 18 weke van swangerskap beperk. Trump ondersteun egter uitsonderings rakende verkragting of bloedskending of wanneer die ma se lewe in gevaar is:
# Sokker: Uefa sê hy sal binne die volgende paar weke ‘n finale besluit neem oor die moontlike uitbreiding van groepe vir die komende Europese Kampioenskap. Slegs 23 spelers word tans in ‘n groep toegelaat. Eufa sê hy glo groter groepe sal die probleem van beserings en die geweldige fisieke uitdagings op spelers beperk. Hy sê sekere afrigters wat die kleiner groep van 23 spelers verkies, wys op verskeie faktore soos groepbestuur en groter kostes wat dit vir nasionale verenigings kan meebring.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-59-sent teen die dollar, 20-rand-18-sent teen die euro en 23-rand-52-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 70-duisend-857-dollar-39-sent. Die prys van goud is twee-duisend-345-dollar-18-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 90-dollar-62-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….