Nuus 13:00
BULLETIN 7 April 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Cele beloof onwrikbare polisie-optrede teen misdadigers
# Motorsport: Verstappen wen Japanse Grand Prix in Red Bull-eerste-en-tweedeplek
# En, die Wes-Kaap premier bied ‘n digicon aan oor planne vir verwagte stormweer
# Die minister van Polisie, Bheki Cele, het die verbintenis van wetstoepassing om kriminele aktiwiteite wat gemeenskappe raak uit te roei, bevestig. Cele het vandag opdaterings oor Operasie Shanela verskaf en die polisie se pogings om misdaad met besliste optrede aan te pak, geloof, en beklemtoon dat misdaadvlakke onaanvaarbaar is. Hy sê die ministerie belowe deurlopende ondersteuning om gewapende bendes in brandpuntgebiede soos KwaZulu-Natal te onderskep, met die doel om veiliger gemeenskappe te skep deur polisie-ingryping:
# Die leier van COPE, Mosiuoa Lekota, staan jeugbemagtiging in Suid-Afrika voor. Lekota het die party se verkiesingsmanifes bekendgestel in Hammanskraal, noord van Pretoria, en gesê vrywillige diensplig sal ingestel word sou die party die mag oorneem, met die doel om patriotisme onder jongmense aan te wakker. Lekota het ook die belangrikheid beklemtoon van onderwys en jeug-bemagtigingsprogramme om toekomstige leiers te kweek.
# Slowakye se nasionalisties-linkse regeringskandidaat Peter Pellegrini het gister se presidensiële verkiesing gewen, wat die houvas van die pro-Russiese eerste minister Robert Fico versterk. AFP berig Fico, wat in Oktober die vierde keer verkies is, het die land se buitelandse beleid meer pro-Russies gemaak en hervorming ingestel vir die strafregwet en die media, wat kommer wek oor die verswakking van geregtigheid. Uitslae van 99,66-persent van die stemdistrikte gee Pellegrini 53,26-persent van die stemme teenoor 46,73-persent vir die pro-Westerse opposisiekandidaat Ivan Korcok.
# Motorsport: Die driemalige wêreldkampioen Max Verstappen is terug op die wenpad. By die Japanse Grand Prix vroeër vandag, het hy sy spanmaat Sergio Perez gelei na ‘n eerste-en-tweede-plek-oorwinning vir Red Bull. News24 berig Verstappen, wat twee weke gelede nie die wedren in Australië kon voltooi nie, het sy derde oorwinning behaal in vier Grands Prix dié seisoen, voor Perez in die tweede plek, met Carlos Sainz van Ferrari derde, en sy spanmaat Charles Leclerc, vierde.
Premier Alan Winde sal net na 13:00 ‘n digicon aan die media en publiek lei oor die maatreëls wat die Wes-Kaapse regering in werking stel om voor te berei vir die moontlike impak van die gure weer wat na verwagting wydverspreide reënbuie en sterk winde oor groot dele van die provinsie. Verskeie ernstige weerverwante voorvalle is in die Wes-Kaap aangemeld. Lede van die publiek wat die digicon wil volg, kan regstreeks op die Premier se sosiale media-bladsye op Facebook, of op YouTube, of via die Teams-platform kyk.
Intussen is ‘n aantal weerverwante voorvalle by die Ramprisikobestuursentrum aangemeld. Somerset Mall is gesluit weens dakplate wat afgewaai het. Die fasiliteit word ontruim. Sonica Lategan van die sentrum sê ‘n bou-inspekteur is op die toneel en spanne is geaktiveer:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….