Nuus 08:00
BULLETIN 6 April 8 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Nersa keur riglyne goed vir beurtkrag tot Fase 16
# Die DA waarsku van ‘n ANC-EFF-doem-koalisie ná die 2024-verkiesing
# En, rugby: Die Blitsbokke hou die Hong Kong Sewes-momentum aan die gang met ‘n stewige oorwinning oor Samoa
# Nersa het riglyne goedgekeur vir beurtkrag tot fase 16. Dit is ontwikkel deur ‘n kennerspaneel aangestel deur die Nasionale Gerasionaliseerde Spesifikasiesvereniging van Suid-Afrika en wil ‘n nasionale kragonderbreking of die ineenstorting van die netwerk keer. Die voorsitter van die vereniging se bestuurkomitee, Vally Padayachee, beklemtoon die belangrikheid daarvan vir netwerk-stabiliteit. Padayachee sê voldoening is verpligtend vir beide Eskom en munisipaliteite. Hy sê, terwyl hoër fases beurtkrag goedgekeur is, dui dit nie outomaties op ‘n dreigende ineenstorting nie.
# Die DA vra kiesers om bedag te wees op die ernstige waarskuwing van ‘n moontlike oordeelsdag-koalisie tussen die ANC, die EFF en die uMkhonto we Sizwe-party. Die EFF-leier Julius Malema sê hy sal die ANC steun mits sy adjunkleier, Floyd Shivambu, die minister van Finansies word. Die DA-leier John Steenhuisen het herbevestig hulle sal die bedreiging teenstaan deur inisiatiewe soos die veelpartyhandves en vra kiesers om radikale invloede in Suid-Afrika te stop:
# Die ANC onderstreep intussen sy toewyding aan wêreldvrede en -ontwikkeling en bly toegewy aan konflik-oplossing regoor Afrika en verder. Dié herbevestiging stem ooreen met die ses prioriteit in sy manifes, wat fokus op die bou van ‘n beter Afrika en wêreld, veral te midde van die Israel-Hamas-oorlog. Die minister van Internasionale Betrekkinge Naledi Pandor lig die belangrikheid uit van die versterking van handels- en beleggingsbande, terwyl voorspraak gemaak word vir die hervorming van internasionale liggame, ondanks ekonomiese uitdagings:
# Die brand in die KTC-informele nedersetting in Nyanga, Kaapstad, is geblus, met ‘n beraamde 50 hutte wat verwoes is. Volgens die Brand- en -Reddingsdiens is dit nog onbekend hoeveel mense geraak is en die ondersoek na die oorsaak duur voort. Daar was gelukkig geen aangemelde beserings of sterfgevalle nie.
# En, laastens, rugby: Die Blitsbokke het hulle goeie vertoning by die Hongkong-sewes vroeg vanoggend voortgesit met ‘n sterk 26-7-oorwinning oor Samoa. Hulle het gister ook beïndruk deur Ierland met 22-17 en Spanje met 24-10 te klop. Hulle oorwinning oor Samoa vanoggend het hulle plek in die kwarteindstryd verder bevestig, hoewel die eerste twee oorwinnings die pad na die kwarteindronde reeds gelykgemaak het. Die tussentydse hoofafrigter Philip Snyman sê hy is tevrede met die span se spelpeil sover. Intussen kon die Suid-Afrikaanse vroue nie hul veldtog van die grond af kry nie met hul derde groepsnederlaag, dié keer teen die Australiërs, wat hulle met 28-0 geklop het.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….