Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 5 April 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In hierdie bulletin:
# BOSA daag oorblywende ANC-lede wat by staatskaping betrek word uit om hulself aan polisie oor te gee
# ‘n Passasierskip bots met ‘n houerskip in die Kaapstadse hawe
# En, boks: Ali se kortbroek van die “Thrilla in Manila”-geveg word dalk vir tot 111-miljoen-rand opgeveil
# Build One South Africa sê hy daag elke ANC-lid wat genoem word in die Zondo-kommissie se staatskapingverslag, uit om hulleself aan die polisie oor te gee vir ondersoek. Woordvoerder Roger Solomons sê terwyl die korrupsiesaak teen die voormalige speaker, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, voortduur, kan sy nie uitgesonder word as die enigste lam ter slagting wat opgeoffer word om die ANC se geskende beeld van korrupsie, nepotisme en algemene wanoptrede te poets nie:
# ‘n Passasierskip, die Ambience, van Ambassador Cruise Line, het vanoggend in die Kaapstadse hawe gebots met ‘n houerskip, Grey Fox. Die voorval het gebeur tydens Ambience se geskeduleerde besoek. Sterk wind en deinings het volgens berigte waarskynlik bygedra tot die botsing. Albei skepe is effens beskadig, maar niemand is beseer nie en daar was geen besoedeling nie. Ambience het veilig vasgemeer en sal na verwagting vanaand vertrek met een-duisend-400 passassiers aan boord. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Stad Kaapstad se rampbestuursentrum het intussen alle dienste op bystand geplaas vir moontlike weerverwante voorvalle van môre tot Maandag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku oor ‘n intense afsny-laedrukstelsel wat die Wes-Kaap na verwagting sal tref. Die sentrum se woordvoerder, Sonica Lategan, vra inwoners om sandsakke te maak en slote om huise te grawe om water weg te lei:
# Eskom het aangekondig beurtkrag bly opgeskort tot verdere kennisgewing, na nege agtereenvolgende dae sonder kragonderbrekings. Die besluit is die gevolg van volgehoue beskikbare opwekkingsvermoë en genoeg noodreserwes. Eskom sal sake Sondagmiddag opdateer of enige aansienlike veranderings deurgee indien dit nodig sou word.
# Boks: Sotheby’s in New York wag tot volgende Vrydag vir mense om te bie op die getekende kortbroek wat Muhammed Ali gedra het in die “Thrilla in Manila”-geveg. Die legendariese swaargewig het die kortbroek aangehad toe hy Joe Frazier in 1975 in die Filippyne geklop het met ‘n tegniese uitklophou. Sotheby’s sê die hoogste bod van 89-miljoen-rand is nie die minimumprys wat die huidige eienaar wil hê nie, en hy verwag dit kan tot 111-miljoen-rand haal. Ander sportdrag wat aangebied word op die veiling sluit sportklere in van die voormalige NBA-ster Victor Wembanyama.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-16-sent teen die euro en 23-rand-50-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-951-dollar-31-sent. Die prys van goud is twee-duisend-291-dollar-80-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 90-dollar-96-sent per vat.
By ingeskakel vir meer nuus…..