Nuus 13:00
BULLETIN 4 Maart 1 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die ACDP vra ‘n speaker van buite die ANC na Mapisa-Nqakula se bedanking
# Die Instituut van Rasseverhoudinge vra Ramaphosa om nie die Onteieningswetsontwerp te bekragtig nie
# En, tennis: Nadal skryf in vir Monte Carlo ondanks gerugte oor ‘n nuwe besering
# Die ACDP vra die aanstelling van ‘n speaker vir die Nasionale Vergadering wat nie by die ANC geaffilieer is nie, na die bedanking van Nosiviwe Mapisa-Nqakula. Sy het bedank nadat sy ‘n hofstryd verloor het om haar inhegtenisneming te verhoed oor korrupsiebewerings toe sy minister van Verdediging en Militêre Veterane was. Die adjunk-speaker, Lechesa Tsenoli, bly die waarnemende speaker. Die ACDP-parlementslid Marie Sukers het die behoefte beklemtoon aan ‘n speaker wat toegewyd is aan die integriteit van die Parlement:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hy gaan president Cyril Ramaphosa waarsku oor die ongrondwetlikheid van die Onteieningswetsontwerp en hom aanspoor om dit nie te bekragtig nie. Die wetsontwerp, wat onlangs in die Parlement aanvaar is, maak voorsiening vir die onteiening van grond vir openbare doeleindes in die openbare belang. Die instituut se veldtogbestuurder, Makone Maja, sê as dit bekragtig word, sal dit eiendomsreg skaad en aansienlik verswak:
# Die Wes-Kaapse LUR vir Finansies en Ekonomiese Geleenthede, Mireille Wenger, sê toerisme in die provinsie groei toenemend en vinniger. Die getal besoekers wat die eerste twee maande vanjaar op die Kaapstadse Internasionale Lughawe geland het, het die 200-duisend-kerf verbygesteek en is die meeste in vyf jaar. Wenger sê besoekersgetalle by die belangrikste toeriste-aantreklikhede regoor die provinsie is 20-persent hoër as in Januarie en Februarie verlede jaar:
# Tennis: Die elfmalige kampioen, Rafael Nadal, se naam is op die lys van die Monte Carlo-meesters, maar met hardkoppige gerugte dat ‘n nuwe besering die Spanjaard uit die toernooi kan hou. Hy het nie mededingend gespeel sedert die Brisbane-ope in Januarie nie en moes verlede maand onttrek aan die Indian Wells-meesters. Die Monte Carlo-toernooi skop die kleibaanseisoen af, wat afsluit met die Franse Ope wat op die 20ste van volgende maand afslaan in Parys, waar Nadal die rekord hou van 14 titels.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-60-sent teen die dollar, 20-rand-20-sent teen die euro en 23-rand-55-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-282-dollar-15-sent. Die prys van goud is twee-duisend-291-dollar-57-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-32-sent per vat.
# En, die amptelike keuringsdirekteur van die Cannes-rolprentfees, Thierry Fremaux, sê hulle verwag om vanjaar die tweeduisend-kerf verby te steek met rolprente wat vir keuring ingedien word. Spanning bou reeds op vir vanjaar se fees, met Furiosa: A Mad Max Saga wat reeds bevestig is as première en Quentin Dupieux se A Second Act, met Léa Seydoux in die hoofrol, wat die openingsaand-rolprent sal wees. Fremaux sê vanjaar se fees sal deur die Amerikaanse rolprentvervaardiger, Greta Gerwig, gelei word, wat die regie behartig het van die loket-treffer, Barbie.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….