Oggendkoerant-verslag
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 04 April 2024:
NASIONAAL:
# Business Day:
Berig, die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula het bedank, maar sê die stap dui nie op ‘n erkenning van skuld op die korrupsie-aanklagte teen haar nie.
GAUTENG:
# Beeld:
Lei ook met Mapisa-Nqakula se bedanking. Die koerant berig, politieke kenners is van mening die stap bring ‘n groot verligting vir die ANC voor die verkiesing.
Dan skryf die koerant oor ‘n jagluiperdwyfie wat in Australië gebore is en nou in Noordwes hervestig is.
En laastens is daar nuus oor die Curro-skool wat verskoning gevra het oor ‘n foto waarin ‘n swart leerder as kassier voorgestel word terwyl ‘n wit leerder die kliënt is.
# The Star en Pretoria News:
Berig ook oor die speaker se bedanking.
En skryf tweedens, Johannesburg is aangewys as een van die top-vyf misdaadhoofstede in die wêreld.
# Sowetan:
Berig, daar word vrae gevra oor die polisie wat die afgelope boekjaar 393 verdagtes doodgeskiet het. Doen die polisie bloot hulle werk of skiet hulle te vinning?
# En The Citizen:
Skryf die finansiële probleme wat die regering ondervind, het ‘n regstreekse uitwerking op nie-winsgewende liefdadigheidsorganisasies aangesien hulle al hoe minder steun van die regering ontvang.
VRYSTAAT:
# Volksblad in Bloemfontein:
Het dieselfde hoofberig as Beeld oor die speaker se bedanking.
En tweedens word berig, die inwoners van Loeriesfontein en Brandvlei in die Noord-Kaap leef in vrees nadat drie jong vroue die afgelope drie maande daar vermoor is.
WES-KAAP:
# Die Burger:
Het dieselfde hoofberig as die ander twee susterskoerante van Media24.
En tweedens skryf die koerant, die Swartbergpas in die Klein-Karoo is weer oopgestel nadat ‘n vragmotor met 36 ton kaas in die pas onklaar geraak het.
# En Cape Times:
Skryf Mapisa-Nqakula sê sy sal ter gelegener tyd met die media praat, maar nie nóu nie.
En, berig oor ‘n polisiebeampte wat van verkragting aangekla is en nou borgtog geweier is.
OOS-KAAP:
# The Herald in Gqeberha:
Berig, kommer heers oor die damvlakke in Nelson Mandelabaai wat ondanks reën binne ‘n maand tot 69,93-persent gedaal het.
En tweedens skryf die koerant duisende leerders in Nelson Mandelabaai sit weer tuis nadat die Departement van Vervoer skynbaar weer vergeet het om vervoerkontrakteurs te betaal.
KWAZULU-NATAL:
# Daily News in Durban:
Skryf oor die polisie wat nege verdagtes in ‘n skietgeveg in Mariannhill doodgeskiet het.
En ten slotte uit NAMIBIË:
# Republikein in Windhoek:
Die Namibiese selfoonreus, MTC kan maandeliks ‘n verlies van 8,1-miljoen-rand ly weens die opskorting van 16,7-persent van sy gebruikers se dienste.
En tweedens skryf die koerant, waterbeperkings word van Maandag tussen nege-uur die aand en vieruur die oggend in Gobabis toegepas, totdat die damvlakke styg.