Nuus 14:00
BULLETIN 3 April 2 nm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Die oorlewende van die dodelike busongeluk in Limpopo is uit die hospitaal ontslaan en na Botswana vervoer
# Minister Nzimande sê die vier Educor-kolleges is steeds onder ‘n verpligting om kwalifikasies aan studente toe te ken
# En rugby: Die Hurricanes se All Black-skrumskakel is vir ses maande buite aksie
# Die enigste oorlewende van die noodlottige busongeluk in Limpopo, die agtjarige Lorraine Atlang Siako, is uit die Mokopane-hospitaal ontslaan en per helikopter na Botswana vervoer. Dit volg ná verlede week se ongeluk toe ‘n bus wat lede van die Zion Christian Church na Moria vervoer het vir ‘n Paasfees-pelgrimstog, naby Mmamatlakala omgeslaan en aan die brand geslaan het. Limpopo se LUR vir Gesondheid, Phophi Ramathuba, het Botswana se hoëkommissariaat geloof vir sy vinnige bystand om Lorraine se veilige terugkeer te verseker:
# Die minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Blade Nzimande, sê die vier Educor-kolleges, City Varsity, Damelin, Icesa City Campus en Lyceum, is steeds onder ‘n verpligting om studente se kwalifikasies toe te ken in die registrasietydperk en tydens die uitfaseringstydperk. Die departement se woordvoerder, Veli Mbele, sê die kolleges moet ook verseker hulle handel die oorblywende eksamens of beoordelings af vir die res van die huidige akademiese jaar:
# Die Stad Kaapstad se wetstoepassers het die afgelope week 305 mense in hegtenis geneem, wat minder is as tydens die vorige Paastyd. Die stad se Openbare Noodkommunikasiesentrum het twee-duisend-725 voorvalle aangeteken oor die langnaweek, wat ‘n toename van byna 20-persent is teenoor verlede jaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê dronkbestuur-inhegtenisnemings het ‘n merkwaardige afname getoon van 80 verlede jaar tot net 25 die afgelope week:
# Minstens sewe mense is dood en meer as 700 beseer in vandag se aardbewing met ‘n sterkte van 7,4 in Taiwan. Amptenare sê die skudding was die sterkste op die eiland in dekades, en waarku oor na-skokke wat nog kan volg. Streng bouregulasies en wydverspreide openbare rampbewustheid het klaarblyklik ‘n groter ramp afgeweer op die aardbewing-geteisterde eiland. Dit is geleë naby die samekoms van twee tektoniese plate. Die skudding was die kragtigste sedert die een van 7,6 in September 1999 waarin ongeveer twee-duisend-400 mense gesterf het.
# Rugby: Die All Black-skrumskakel Cameron Roigard sal minstens ses maande buite aksie wees. Sy Superrugby-span, die Hurricanes, het bevestig hy het ‘n ernstige kniebesering opgedoen tydens verlede naweek se wedstryd teen die Highlanders en het reeds ‘n operasie ondergaan. Die 23-jarige Roigard is verlede jaar in Nieu-Seeland se Wêreldbeker-groep ingesluit en het beïndruk in die paar wedstryde wat hy gespeel het. Die besering beteken hy sal die res van die Superrugby-seisoen misloop, asook die All Blacks se Julie-toetse en die grootste deel van die Rugbykampioenskap.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-80-sent teen die dollar, 20-rand-24-sent teen die euro en 23-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 66-duisend-508-dollar-75-sent. Die prys van goud is twee-duisend-271-dollar-45-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 89-dollar-20-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….