Nuus 15:00
BULLETIN NUUSAGENTSKAP 2 April 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die UDM vra die speaker om by die polisie aan te meld
# Kenners is bekommerd oor Eskom se kragtariefverhoging
# En, krieket: Mumbai-ondersteuners gee die nuwe kaptein HardikPandya die skuld vir die swak vertonings in die IPL
# Die UDM het die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, gevra om by die polisie aan te meld nadat die Hooggeregshof in Pretoria haar dringende aansoek teen haar inhegtenisneming van die hand gewys het. Die party verwelkom die uitspraak. Mapisa-Nqakula word daarvan beskuldig dat sy miljoene-rand van ‘n maatskappy met Weermag-kontrakte ontvang het terwyl sy minister van Verdediging en Militêre Veterane was. UDM-leier Bantu Holomisa vra haar om op die beskuldigings te reageer en ‘n mosie van wantroue te vermy.
# Kenners is besorg oor Eskom se tariefverhoging van 12,74-persent vir die 2024/25-boekjaar. Die energie-ontleder, Adil Nchabeleng, waarsku die verhoging kan ook ontevredenheid aanwakker voor die verkiesing. Eskom het die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika verlede jaar genader om sy aansoek om die kleinhandeltarief en strukturele aanpassings goed te keur wat daarop gemik is om sy finansiële status te versterk. Hy waarsku dat die verhoging die finansiële druk op verbruikers sal verhoog:
# Arise South Africa gaan regstappe teen die Verkiesingskommissie doen omdat die party nie op die nasionale stembrief verskyn nie. Hoewel die vereiste handtekeninge voorgelê en die registrasiefooi betaal is, voer die party aan die verwydering is onbillik. Die OVK beweer daar was ‘n administrasiefout by sy hoofkantoor. Arise South Africa sê hy is verbind tot billike deelname aan die verkiesingsproses en die beskerming van burgerregte. Die party sê hy sal voortgaan om die verwagtinge en belange van alle Suid-Afrikaners te verdedig.
# Vrystaatse boere pleit by die regering om die voortgesette droogte tot ‘n ramp te verklaar om verliese tydens die droë seisoen te versag. Die boerderygemeenskap beklemtoon die bedreiging van voedselsekerheid weens die ernstige uitwerking van die droogte. Met stygende verbruikerspryse is boere besorg nog prysverhogings gaan die uitwerking van die droogte vererger. ‘n Woordvoerder van die Departement van Landbou in die provinsie, Zimasa Leputla, bevestig die situasie word geëvalueer:
# Krieket: Ondersteuners verwyt die nuwe kaptein van die Mumbai Indians, Hardik Pandya, vir die span se swak vertonings in vanjaar se Indiese Premierliga. Die span is onderaan die punteleer nadat hulle tot dusver al drie wedstryde verloor het. Pandya het die gewilde kaptein van Indië, Rohit Sharma, as kaptein van Mumbai vervang na sy terugkeer van Gujarat Titans. Sharma het Mumbai aangevoer met al vyf sy IPL-titels. Die span se volgende kragmeting is Sondag met die Delhi Capitals, wat tans in die sewende plek is nadat hulle twee van hulle drie wedstryde verloor het.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-81-sent teen die dollar, 20-rand-21-sent teen die euro en 23-rand-63-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 65-duisend-359-dollar-92-sent. Die prys van goud is twee-duisend-257-dollar-9-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 88-dollar-78-sent per vat.per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….