Nuus 09:00
BULLETIN 30 Maart 9 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Cosatu sê die regering moet die hersiening van brandstofprysvoorskrifte bespoedig
# Die DA beskuldig Binnelandse Sake van die verkwisting van R147-miljoen op ‘n mislukte asiel-agterstandprojek
# En, tennis: Jannik Sinner vernietig Daniil Medvedev om die Miami-Ope se eindstryd te haal
# Cosatu sê die regering moet die hersiening van die brandstofprysvoorskrifte bespoedig om te sien waar belasting verlaag kan word ten einde verligting te bring vir verbruikers, pendelaars en die ekonomie. Die Departement van Minerale Bronne en Energie het aangekondig die kleinhandelprys van 93 loodvrye petrol sal Woensdag met 65-sent per liter styg en 95 loodvry sal 67-sent per liter duurder wees. Cosatu se waarnemende woordvoerder Matthew Parks sê verdere ingrypings is nodig by Transnet Vragspoor en Metrorail:
# Die DA sê die Departement van Binnelandse Sake het meer as 147-miljoen-rand verkwis in die finansiering van die asiel-agterstand-projek met min of geen vordering. Angel Khanyile van die DA sê die ouditeur-generaal het alarm gemaak toe die party in 2020 aangedui het dit sal die departement 68 jaar neem om die agterstand uit te wis. Die Verenigde Nasies het in 2021 147-miljoen-rand aan die departement gegee om die 153-duisend-391 uitstaande asiel-appèlaansoeke af te handel:
# ‘n Jaar ná Rusland ‘n Amerikaanse joernalis, Evan Gershkovich in hegtenis geneem het, sê president Joe Biden Amerika werk daagliks daaraan om sy vrylating te verseker. Biden sê Amerika veroordeel wat hy noem ‘Rusland se verskriklike pogings om Amerikaners as bedingingspionne’ te gebruik en beloof om hoop vir die vrylating van die joernalis van die Wall Street Journal hoog te hou. Die 32-jarige Gershkovich en sy publikasie het deurgaans bewerings ontken dat hy vir Amerika gespioeneer het terwyl hy in ‘n stad in die Oeral gewerk het.
# Tennis: Jannik Sinner van Italië het Daniil Medvedev van Rusland se aanslag gemaklik in slegs 69 minute van die baan gevee met ‘n oorwinning van 6-1, 6-2 om die eindstryd van die Miami Ope te haal. Die wêreld se nommer drie kom môre in die eindstryd te staan teen óf Alexander Zverev van Duitsland óf Grigor Dimitrov van Bulgarye, en hy is die gunsteling na sy krag- en vaardigheidsvertoning in die halfeindstryd. Die Italianer het verlede jaar in die Miami eindstryd teen Medvedev verloor maar hom in Januarie in die Australiese Ope geklop.
# En laastens: Rise Mzansi versoek godsdiensleiers om te bid vir Christene en hulle aan te moedig om hulle mag uit te oefen en vir nuwe leiers in die komende verkiesing te stem. ‘n Party-woordvoerder, Mabine Seabe, sê die leiers moet hulle daartoe verbind om die waardigheid en geluk van alle Suid-Afrikaners te verseker, asook vreedsame veldtogte en vry en regverdige verkiesings. Hy voeg by gebede die Paasnaweek kan help om nuwe leiers na vore te laat kom wat kan help om ‘n land te bou wat almal verdien:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….