Eko-minuut 13:30
BULLETIN 28 Maart 1:30 nm
Goeiemiddag, hier is jou Eko-minuut:
# Die Internasionale Hernubare Energie-agentskap sê baie meer moet nog gedoen word om die doelwit te bereik wat by COP28 gestel is, om die hernubare kragvermoë teen 2030 te verdriedubbel. Die agentskap se Hernubare Kragvermoësyfers vir 2024 toon dat ‘n nuwe rekord in hernubare-kragontplooiing verlede jaar bereik is, naamlik ‘n totale vermoë van drie-duisend-870 gigawatt wêreldwyd. Saam met windkrag, het fotovoltaïese sonkrag 98-persent uitgemaak van die nuwe hernubare kragvermoë wat verlede jaar opgerig is. Die agentskap sê beleidsingrypings is dringend nodig om strukturele struikelblokke uit die weg te ruim.
# Die DA in die Vrystaat sê inwoners van Kgotsong leef in haglike en gevaarlike omstandighede weens die strome riool in die Nala-munisipaliteit se strate. Die munisipale amptenare sê hulle werk aan die probleem. Mahalia Kose van die DA sê verstopte rioolpype het strate in strome riool verander wat ernstige gesondheidsgevare vir inwoners inhou wat daagliks aan die walglike reuk en selfs menslike afval blootgestel word:
# En, die Internasionale Fonds vir Dierewelsyn het die belangrikheid van skoon water in droogtegeteisterde dorpe in Afrika beklemtoon, wat wild ook beskerm. IFAW se Water is Lewe-projek bied in vennootskap met ZimParke toegang tot skoon water om gemeenskappe te help om siektes te vermy, groente te kweek en ‘n inkomste te verdien. Die organisasie sê droogte weens klimaatsverandering het uitdagings veroorsaak vir mens en natuur. Die organisasie beklemtoon die noodsaaklikheid om toegang tot water te verseker en konflik tussen die mens en die natuur weens waterskaarste te versag.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….