Sportnuus 12:30
BULLETIN SPORTNUUS 26 Maart 12:30 nm
Goeiemiddag, ons kyk na die jongste sportnuus en uitslae:
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging hou vol Bafana Bafana se afrigter, Hugo Broos, gaan nêrens heen nie. Dit volg op mediaberigte in Tunisië dat Broos op die punt staan om ‘n aanbod as die nasionale span se afrigter te aanvaar. Volgens die berigte gaan Broos, wat volgens sy kontrak verplig is om by Bafana te bly tot ná 2026 se Wêreldbekertoernooi, vandag ná die wedstryd teen Algerië bedank. Hy het Bafana na hulle beste vertoning in die Afrikabekertoernooi in 24 jaar gelei toe hulle verlede maand die bronsmedalje opgeraap het.
# Rugby: Engeland en Harlequins se skrumskakel, Danny Care, gaan uit internasionale rugby tree. Die 37-jarige Care het vroeër die maand slegs die sesde speler geword wat 100 toetse vir Engeland gespeel het toe hy in hul Sesnasies-oorwinning oor Ierland van die plaasvervangerbank opgedraf het. Hy het in 2008 sy debuut vir Engeland gemaak. Care sê dit was wonderlik om sy land vir 16 jaar te kon verteenwoordig:
# Krieket: Virat Kohli se vertoning met die kolf het die Royal Challengers Bengaluru gelei tot ‘n sege met vier paaltjies oor die Punjab Kings in die Indiese Premierliga. Punjab is beperk tot 176 vir ses met Mohammed Siraj en Glenn Maxwell wat elkeen twee paaltjies platgetrek het. Kohli se 77 van 49 balle, en Dinesh Karthik en Mahipal Lomror se onoorwonne vennootskap van 48 lopies van net 18 balle, het RCB hul eerste oorwinning vanjaar besorg. Kohli sê hy is gelukkig om weer te speel:
Nog krieketnuus is dat Engeland hulleself onderaan die Wêreld-toetskampioenskaps-punteleer bevind, nadat Sri Lanka Bangladesh met 328 lopies afgeransel het in hulle eerste toets in Sylhet. Engeland is in die negende plek na tien wedstryde, net agter Suid-Afrika, wat net vier kon speel. Indië is eerste na nege toetse, gevolg deur die verdedigende kampioen, Australië, na twaalf wedstryde, en Nieu-Seeland na ses. Die eindstryd word in Junie volgende jaar gespeel.
# En, laastens, tennis: Die wêreld nommer twee, Carlos Alcaraz, is deur na die Miami Ope se ronde van 16 terwyl hy probeer om die gesogte Sonskyn-dubbel te voltooi. Die Spanjaard het die Fransman Gaël Monfils verslaan. Die Duitser Alexander Zverev het Christopher Eubanks van Amerika geklop. In die vroueafdeling het die topgekeurde Iga Swiatek van Pole verloor teen Ekaterina Alexandrova van Rusland. Die wêreld nommer drie, Coco Gauff van Amerika, het vasgeval teen Caroline (Carolien) Garcia van Frankryk. Garcia sê sy is tevrede met haar vertoning:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….