NuusFlits: Speaker nie gearresteer of by die hof nie
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het bevestig dat sy en haar gesin tuis is en dat sy geen interaksie met die Nasionale Vervolgingsgesag se ondersoekdirektoraat gehad het sedert die deursoek- en beslagleggingsoperasie Dinsdag by haar huis nie. Sy het ook bevestig dat sy vanoggend dokumente by die hof ingedien het om die manier waarop die deursoek- en beslagleggingslasbrief verkry is en die operasie self te betwis.