Nuus 16:00
BULLETIN 20 Maart 4 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die staat gaan die onbepaalde uitstel van Zuma se wapentransaksie-verhoor ten sterkste teenstaan
# Die SA Instituut vir Rasseverhoudinge waarsku die Onteieningswetsontwerp bedreig ekonomiese herstel
# En, vakansiegangers word gewaarsku oor swaar verkeer op die N3 in die aanloop tot die Paasvakansie
# Staatsaanklaer Billy Downer meen die wapentransaksie-korrupsiesaak waarby oudpresident Jacob Zuma betrokke is, moet spoedig voortgaan en benadruk hoe belangrik dit is. Zuma het ‘n tweede keer in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal misluk om Downer as aanklaer te laat verwyder. Zuma beweer Downer stel sy reg op ‘n regverdige verhoor in gevaar. Downer beloof sterk teenkanting teen enige pogings om die saak onbepaald uit te stel, en bepleit ‘n vinnige regsproses:
# Die Instituut vir Rasseverhoudinge waarsku teen die Nasionale Raad van Provinsies se aanvaarding van die Onteieningswetsontwerp, en sê dit is ‘n bedreiging vir Suid-Afrika se ekonomiese herstel. ‘n Ontleder van die instituut, Marius Roodt, beklemtoon kommer oor onteiening sonder vergoeding, met verwysing na skendings van eiendomsreg, die oppergesag van die reg en die Handves van Menseregte. Die organisasie beplan om ‘n beroep op president Cyril Ramaphosa te doen om nie die wetsontwerp te onderteken nie, met verwysing na die beweerde ongrondwetlikheid daarvan.
# Vakansiegangers word gewaarsku oor swaar verkeer op die N3 in die aanloop tot die Paasvakansie, met verhoogde wetstoepassing en verkeers-beheerpunte wat beplan word. Die verkeer suidwaarts na Durban sal na verwagting ‘n hoogtepunt bereik weens skole wat vandag sluit, en voortduur deur Menseregtedag en Paasnaweek. Noordwaartse verkeer kan op Paasmaandag toeneem. Padwerke sal minimaal wees om gladder verkeersvloei te verseker. Die N3-tolpad-konsessiemaatskappy moedig motoriste aan om vooruit te beplan en ‘n risikobestuurs-benadering aan te neem om veiliger reise te verseker.
# Tennis: Die wêreld-nommer, twee Carlos Alcaraz, sê dit sal vir hom wonderlik wees om die sogenaamde Sonskyn-dubbel te voltooi deur die Indian Wells- én die Miami-toernooi te wen. Die Spanjaard het Sondag sy titel as Indian Wells-kampioen behou toe hy Daniil Medvedev van Rusland in die eindstryd geklop het. Dit was sy eerste titel sedert Wimbledon verlede jaar. Die 20-jarige Alcaraz begin Vrydag met sy aanslag in Miami. Hy sê hy is tevrede met sy huidige spelpeil:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-88-sent teen die dollar, 20-rand-48-sent teen die euro en 23-rand-96-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 63-duisend-996-dollar-14-sent. Die prys van goud is twee-duisend-154-dollar-31-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-10-sent per vat.
# En, laastens: Die Ingcungcu suikerbekkie-herstelprojek help ‘n endemiese voëlspesie in Kaapstad om na ‘n ou vliegroete terug te keer deur fynbostuine in skole op die Kaapse Vlakte te gebruik. Die ontwrigting van voëlmigrasie en die vernietiging van hulle habitat het talle spesies endemies tot die Kaapse Vlakte op die gevaarlys geplaas. Suikerbekkies kan nie verder as een-en-‘n-half-kilometer vlieg nie. Ceinwen Smith van die projek sê die vestiging van tuine by skole dien as sogenaamde vulstasies vir die voëltjies en help hulle om hulle natuurlike migrasie te voltooi.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….