Nuus 17:00
BULLETIN 18 Maart 5 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# President Ramaphosa prys Suid-Afrika se menseregte-vordering
# Die Gautengse polisie trek die vermeende baasbrein van bloulig-rooftogte vas
# En, rugby: Ruan Pienaar hoop om af te rig wanneer hy sy stewels ophang
# President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrika se vordering met die bevordering van menseregte geloof tydens sy toespraak op die Konferensie oor Menseregte in Boksburg. Hy het die belangrikheid beklemtoon van die aanvaarding van die Grondwet in die demokratiese stryd, met die klem op die strewe na ‘n vrye en gelyke samelewing. Ramaphosa het apartheid se skending van basiese menslikheid veroordeel en die Grondwet se rol in die bevordering van mense se welstand onderstreep:
# Die Gautengse polisie het ‘n verdagte in hegtenis geneem wat vermoedelik die baasbrein is agter ‘n reeks bloulig-rooftogte. Die inhegtenisneming in Dawnpark, Ekurhuleni, volg op inligting van Nasionale Misdaadintelligensie. Die verdagte het blouligte, ‘n verkeersafdeling-uniform, vuurwapens, ammunisie en ‘n vermoedelik gekaapte voertuig in sy besit gehad. Hy staan tereg op aanklagte van onder meer die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ‘n gekaapte voertuig. Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die ondersoek mag dalk tot nog inhegtenisnemings lei.
# Die onafhanklike sertifiseringsliggaam, JC Auditors, moedig pro-aktiewe maatreëls aan voor die Paasvakansie om padveiligheids-uitdagings die hoof te bied. Met padsterftes wat byna 40-persent opgeskiet het tydens verlede jaar se Paasnaweek, is verhoogde waaksaamheid noodsaaklik. JC Auditors vra eenvoudige, maar sterk veiligheidsveldtogte in die padvervoersektor, wat bestuurders se ingesteldheid en optrede verander, omdat dit bydra tot meer as 80-persent van die ongelukke. Die besturende direkteur Oliver Naidoo, sê die Paasvakansie hou kommerwekkende padveiligheidsuitdagings in:
# Die globale teen-armoede liefdadigheid Oxfam sê Israel belemmer opsetlik humanitêre bystand aan Gaza, en verbreek internasionale humanitêre wette. Volgens die organisasie keer Israel stelselmatig hulp-aflewering aan die Palestynse gebied, ondanks ‘n noodbevel deur die Internasionale Geregshof. Hulle kritiseer Israel vir die katastrofiese toestand in Gaza en omdat hy nie burgerlikes beskerm nie. Oxfam veroordeel Israel se ondoeltreffendheid met hulp-inspeksies en die arbitrêre verwerping van noodsaaklike items. Die liefdadigheid waarsku oor ernstige gevolge, met 1,7-miljoen Palestyne wat kan honger ly.
# Rugby: Die oud-Springbok Ruan Pienaar sal na verwagting begin afrig wanneer hy sy speelloopbaan beëindig. Die 40-jarige het onlangs aangekondig hy beoog om sy stewels in Mei op te hang na ‘n loopbaan van meer as 20 jaar. Hy was deel van die Bokke se groep wat in 2007 die Wêreldbeker gewen het, en het 88 toetse vir Suid-Afrika gespeel en 135 punte aangeteken. Pienaar het ook plaaslik vir die Haaie en die Cheetahs gespeel. Hy hoop om betrokke te raak as afrigter van die Cheetahs se junior spanne.
# En, die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-90-sent teen die dollar, 20-rand-59-sent teen die euro en 24-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-504-dollar-53-sent. Die prys van goud is twee-duisend-159-dollar-16-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-7-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….