Nuus 14:00
BULLETIN 18 Maart 2 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# NERSA keur Eskom se oordrag van magte vir die aankoop van krag goed
# Die AA sê brandstofpryse in April voorspel gemengde vooruitsigte
# En, fietsry: Brittanje se mees suksesvolle vroue Olimpiese deelnemer tree uit
# Die energiereguleerder, NERSA, het Eskom se oordrag van magte met Onafhanklike Kragprodusente na die Nasionale Transmissie-maatskappy van Suid-Afrika goedgekeur. Hierdie stap vorm deel van Eskom se ontbondelingsproses en strook met die Departement van Openbare Ondernemings se padkaart vir ‘n hervormde kragvoorsieningsbedryf. Nhlanhla Gumede van NERSA beskou die oorgang van die koper se rol vanaf Eskom na die transmissiemaatskappy as deurslaggewend vir bedryfshervorming en het die betekenis daarvan vir Suid-Afrika se elektrisiteitsektor beklemtoon.
# Die Outomobiel Assosiasie voorspel ‘n gemengde brandstofvooruitsig volgende maand, met petrolpryse wat na verwagting effens sal styg, terwyl diesel- en lampolie-pryse kan daal. Die afname in dieselpryse is veral goeie nuus vir sektore soos landbou, mynbou, vervaardiging en kleinhandel, waar diesel ‘n aansienlike insetkoste is. Die AA skryf hierdie prysveranderings toe aan ‘n stewiger rand-dollar-wisselkoers sowel as laer oliepryse. Die vereniging bied ook gratis nagaan van motors aan tot 2 April vir diegene wat beplan om in die vakansietyd te reis.
# Cosatu het vandag sy Elijah Barayi-verkiesingsbrigade in al die provinsies van stapel gestuur om werkers aan te moedig om vir die ANC te stem. Die federasie en sy vakbonde het hulle steun vir die ANC verklaar. Die waarnemende woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle sal in die aanloop tot die verkiesing in verbinding tree met lede en werkers in alle werkplekke:
# Fietsry: Brittanje se suksesvolste vroue Olimpiese deelnemer, Laura Kenney, het haar uittrede aangekondig, vier maande voor die Spele in Parys. Sy het vyf Olimpiese gouemedaljes ingeplam, sowel as sewe Wêreldkampioenskap-titels. Die 31-jarige Kenney sê sy het altyd geweet sy sal besef wanneer dit tyd is om halt te roep. Sy is getroud met die voormalige fietsryer Jason Kenney, wat Brittanje se Olimpiese held met die meeste medaljes is. Kenney sê dit het al hoe moeiliker geword om hulle twee jong kinders by die huis te los.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-82-sent teen die dollar, 20-rand-52-sent teen die euro en 23-rand-98-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 67-duisend-814-dollar-86-sent. Die prys van goud is twee-duisend-155-dollar-38-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 86-dollar-11-sent per vat.
# En ten slotte: Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het die stad se eerste plek onder Suid-Afrika se metro’s in die Goeie Bestuur Afrika se Bestuursprestasie-aanwyser vir 2024 verwelkom. Die aanwyser beoordeel die land se stede en plaaslike en distriksmunisipaliteite, in vyf goeie bestuurskategorieë, met Kaapstad die enigste metro wat die minimum van vier uit vyf behaal in elke meting. Hill-Lewis sê Kaapstad vaar goed in al die kategorieë, en kom eerste vir dienslewing, wat die meeste gewig dra:
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….