Nuus 12:00
BULLETIN 18 Maart 12 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die saak teen die vierde beskuldigde in Joslin Smith se verdwyning word uitgestel
# ActionSA beskuldig maatskappye dat hulle politieke waninligting versprei
# En, sokker: NotInMyName beloof om die gewese visepresident van Safa te beskerm
# Die Landdroshof in Vredenburg in die Wes-Kaap het die saak teen die vierde beskuldigde in die verdwyning van Joslin Smith tot volgende Maandag uitgestel. Die 32-jarige Lourencia “Renz” Lombaard het vandag in die hof verskyn en is aangekla van mensehandel-in-persoon en mensehandel. Sy is die naweek in hegtenis geneem en die staat sê sy het ‘n bekentenis afgelê. Die ses-jarige graad 1 leerder het vier weke gelede vermis geraak uit haar huis in die Middelpos-informele nedersetting. Haar ma, Kelly Smith, en twee mans verskyn weer op 13 Mei in die hof.
# ActionSA sê hy het ‘n klagte by die Onafhanklike Verkiesingskommissie en die persombud ingedien oor vals politieke inligting in die bedryf wat meningspeilings oor die komende verkiesing uitgee. Die party beskuldig sommige maatskappye dat hulle politieke waninligting onder die dekmantel van wettige meningspeilings versprei. ActionSA se nasionale voorsitter, Michael Beaumont, sê hierdie kwessies het gister in publikasies by drie media-afsetpunte voorgekom wat ʼn peiling uitgegee het wat volgens hulle vermoedelik van die DA kom:
# Amerika sê Rusland se verkiesing was nie vry of regverdig nie omdat president Vladimir Putin politieke teenstanders in die tronk gegooi en ander gekeer het om teen hom te staan. Putin het gemaklik ‘n sesde termyn gewen met 87-persent steun nadat geen geloofwaardige teenstanders toegelaat is om deel te neem nie. Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê Putin is verslaaf aan mag en hierdie nagebootste verkiesing is onregmatig. Duitsland se ministerie van Buitelandse Sake noem dit ʼn kamma-verkiesing onder ʼn outoritêre heerser wat staatmaak op sensorskap, onderdrukking en geweld.
# Sokker: NotInMyName International sê hy bly vasbeslote om die gewese visepresident van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, Ria Ledwaba, te beskerm. Sy is uit al die sport se bedrywighede verban oor haar besluit om die vereniging hof toe te neem en die uitslag van die presidentsverkiesing van Junie 2022 uit te daag. NotInMyName se woordvoerder, Themba Masango, sê hulle sal die media Woensdag toespreek om Ledwaba se nalatenskap te verdedig:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-79-sent teen die dollar, 20-rand-47-sent teen die euro en 23-rand-95-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 68-duisend-258-dollar-31-sent. Die prys van goud is twee-duisend-149-dollar-93-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 85-dollar-85-sent per vat.
# En ten slotte: Owerhede in Kaapstad het waarskuwings uitgereik nadat blaasoppies op strande in Vishoek en Glencairn opgemerk is. Blaasoppies is gevaarlik as gevolg van hulle giftige vleis wat ʼn gevaarlike neurotoksien bekend as tetrodotoksien bevat. Amptenare sê blaasoppies se gif kan honde se dood veroorsaak. Hulle sê hulle bly giftig na hulle dood en honde word vergiftig wanneer hulle dit uit die sand opgrawe of in getypoele of tussen rotse kry.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….