Nuus 18:00
BULLETIN 13 Maart 6 nm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Numsa maak gereed vir ‘n staking in die bussektor te midde van onopgeloste geskille
# Politieke partye word gewaarsku teen diskreditering van die verkiesingsproses
# En rugby: Die voormalige All Black Tony Brown is opgewonde om as Springbok-aanvalsafrigter te begin
# Numsa sê werkgewers in die bus-passasiersektor lok ‘n nasionale staking uit deur werkers te dwing om kontrakboetes te absorbeer en skep ‘n tweevlak-arbeidsmark. Na mislukte onderhandelings en ‘n geringe salarisverhogingsaanbod, verwerp die vakbond dié eise en maak gereed vir ‘n staking. Hulle eis aanpassings aan toelaes, mediese versekering en werksure, en beskuldig werkgewers van uitbuiting. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle sal aanhou veg vir regverdige behandeling en kritiseer werkgewers omdat hulle werkers uitbuit terwyl hulle staatsubsidies ontvang:
# Defend Our Democracy vra politieke partye om nie ongegronde twyfel te saai oor die verkiesingsproses en die Onafhanklike Verkiesingskommissie nie. Die burgerlike samelewingsgroep, wat sy verkiesings-monitorveldtog begin het, is bekommerd dat sekere partye, veral die uMkhonto we Sizwe-party, kommerwekkende verklarings maak, wat dreigemente insluit, en die OVK diskrediteer. Andries Sibanyoni van die groep vra partye vir konstruktiewe kritiek, om verkiesingswaarneming oor te laat aan die burgerlike samelewing, en om optrede te vermy wat demokrasie skaad:
# ‘n Vier-en-sewentigjarige Britse man sal aan Italië uitgelewer word waar hy aangekla word van die moord op sy vriendin. Michael Whitbread het glo die 66-jarige Michele Faiers in Oktober verlede jaar vermoor in die huis wat hulle gedeel het in die kusdorp Casoli. Whitbread is in Brittanje aangekeer kort nadat Faiers se liggaam gevind is. Sy prokureur het toe gesê hy het net familielede besoek en was van plan om na Italië terug te keer met die reiskaartjie wat hy gehad het.
# Rugby: Die Nieu-Seelander, Tony Brown, sê hy sien daarna uit om saam met die Springbokke te werk. Die voormalige All Black-losskakel is Suid-Afrika se nuwe aanvalsafrigter, en het saam met die nuwe verdedigingsafrigter, Jerry Flannery, by die Bokke aangesluit ter voorbereiding van die internasionale seisoen Brown sê hy bewonder al lank die Bokke se speelstyl:
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 18-rand-61-sent teen die dollar, 20-rand-35-sent teen die euro en 23-rand-83-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 72-duisend-606-dollar-97-sent. Die prys van goud is twee-duisend-165-dollar-82-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie 83-dollar-47-sent per vat.
# En, ‘n Lancet-verslag dui aan Suid-Afrika het in 2021 733-duisend sterftes aangeteken, met 130-duisend wat aan Covid-19 toegeskryf is. Die sterftesyfer weens Covid-19 in 2020 en 2021 staan op 3,12 sterftes vir elke duisend mense, wat die pandemie se uitwerking op sterftesyfers duidelik aantoon. In 2020 en 2021 het Suid-Afrika ‘n afname van minus-3,3-persent in die sterftekoers beleef. Intussen toon die verslag Covid-19 het wêreldwyd bygedra tot 12,3-persent van die 31-miljoen sterftes in 2020 en 2021 weens regstreekse besmetting of pandemie-verwante gedragsveranderings.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….